Korrupsie by Jhb-lisensiekantore: ‘Nog inhegtenisnemings kom’

Argieffoto: www.services.gov.za

Argieffoto: www.services.gov.za

Die Stad Johannesburg het gesê nog inhegtenisnemings word verwag nadat strafregtelike aanklagte ingedien is teen agt amptenare van die Johannesburgse lisensieafdeling en nog 55 amptenare geskors is, in verband met beweerde bedrog en korrupsie.

Tony Taverna-Turisan, woordvoerder van die stadsraad, het gesê altesaam 106 verdagtes word betrek by ʼn verslag oor bedrog en korrupsie in die lisensieafdeling. “Altesaam 55 amptenare is reeds geskors, maar ʼn kennisgewing van skorsing is al aan 72 amptenare uitgereik,” het hy gesê.

Hy het gesê verskeie amptenare moet nog skorsingbriewe ontvang, maar was nog nie beskikbaar om die briewe te ontvang nie, omdat hulle byvoorbeeld met verlof is.

Die geskorste amptenare het by die lisensiekantore in Martindale, Kliptown, Langlaagte, Midrand, Randburg, Roodepoort en Sandton gewerk. “Dit is deel van die proses en ons hoop nog inhegtenisneming sal binnekort volg. Ons werk baie nou saam met die Valke en vervolgingsowerheid hieroor,” het Taverna-Turisan gesê.

Die agt amptenare wat reeds strafregtelik aangekla is, het op 11 Januarie in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn. Hulle is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat is en moet weer op 14 Februarie in die hof verskyn.

Die inhegtenisnemings en skorsings volg op ʼn ondersoek wat deur die stad se interne forensiese ondersoekeenheid, onder leiding van genl. Shadrack Sibiya, gedoen is. Volgens hierdie ondersoek het die stad R14 717 444 in 972 beweerde korrupte transaksies verloor.

Die transaksies het onder meer onwettige transaksies op die lisensiedepartement se stelsel om bestuurslisensies en motorlisensieskyfies uit te reik en voertuie te registreer, ingesluit. Lisensiebeamptes het dan na bewering die betalings hiervoor in hul eie sak gesteek.

Taverna-Turisan het gesê 40 nuwe personeellede is reeds voor die skorsings aangestel en werknemers van ander afdelings in die lisensiedepartement sal na vakante posisies ontplooi word om die effek van die skorsings op die departement se bedrywighede te verminder.

“Die burgemeester [Herman Mashaba] het dit duidelik gemaak korrupsie is die publiek se nommer een vyand. Ons moet ontslae raak van korrupte beamptes wat hulself ten koste van ons inwoners verryk,” het hy gesê.

“Ons moet ʼn professionele openbare diens skep, wat die inwoners van ons stad met trots dien. Die dae, toe korrupte beamptes net liggies oor die vingers getik of na ʼn ander departement geskuif is, is verby. Amptenare wat aan korrupsie skuldig bevind word, sal vervolg en die gesteelde geld teruggekry word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Lewies ·

Kan iemand nie iets doen aan die aanstellingsprosedure in die staatsdiens nie ?

Lee ·

Dis hoekom daar so baie ongelukke is want helfde van SA koop lisensies. Dis reg, ek sou hulle nie eers geskors het nie. As sulke goed gebeur is daar te veel loop holes in die stelsel.

Piet Pompies ·

Kan my dit net voorstel, daar is seker 80 werknemers, 72 word verbind met bodrog en die oorblywende 8 dien tans tronkstraf uit vir bedrog…..
Elke keer wat daar omkoopgeld gebruik word om ‘n wettige transaksie te omseil, vermeerder die kans op nog ‘n pad sterfte.

Anoniem ·

Piet, ek ook nuuskierig om te weet hoeveel % mense korrup is. 72/100 vertel ‘n heel ander storie as 72/1000000. MM, kan julle asb probeer uitvind?

Ohan ·

Uitstekende werk! Ek haal my hoed af vir die DA. Net jammer die anc sal nie gelukkig wees hiermee nie. Ek glo als sal regkom, maar ons nageslag sal nog lank praat van “the legacy of BEE”.

Varkie ·

Ironies genoeg die hele rede hoekom hulle korrup is omdat die regerende party wat genoegsame rekenaars/toetsbeamptes moet aantstel, dit nie doen nie en veroorsaak dat rye kilometers lank raak, so dit sal enige iemand daar na toe dryf om een liewer te koop as om al 5 uur die oggend in n ry te staan sodat jy teen 12 uur gehelp is. Dan kan mens noem dat werknemers daar dalk te min ook betaal word wat ook sal maak dat jy bedrog wil pleeg..

Johanna Botha ·

Nou wonder almal en krap kop oor hoekom die syfer in Des van botsings ens so hoog is ….Net NOG n gemors van die korrupte anc ! Alles is vrot tot op die been …maak asb n voorbeeld van die mense en herroep al die onwettige lesensies asb.

Moeggepraat ·

My seun was vroeg in Januarie by Midrand vir sy lisensie saam met bestuurskool gewees. Toets beampte het onder boom gesit en was heeltyd met haar selfoon besig terwyl my seun die baan voltooi het. Sy het net opgestaan en gesê ” you didnt observe enough” en toe geloop. Bestuurskool kon niks fout sien. Kos my om weer ‘n afspraak te maak. Transformasie op sy beste!!

Genoeg ·

My dogter het al 7 keer gegaan waarvan 3 keer vir opservasie gedail het. Ons was aangeraai om 2500 te betaal dan sal sy dit kry. En die ergste van als haar beampte wat sy die eetste keer gehad het was nog gedrink ook. Omdat ek weier om te betaal het haar learners verval.

Johannes van Staden ·

Maak n video van dit as julle weer gaan sodat mense mooi kan sien hoe die mense maak

AL ·

Goeie werk DA! Jul maak ons trots. Genoeg is genoeg. SA het genoeg mense wat integriteit het en nie ANC lakeie is nie.

Annie ·

In enige besigheid is bedrog …. onmiddelik ontslag!!. Le beslag op hulle pensioen geld om te skade te help dra. Vergeet skorsing en al hierdie ander bollie … maak n voorbeeld. Miskien moet die valke sommer by Marabastad binnelandse sake ook gaan aanklop … daar gool dit van bedrog!!!

Manie ·

Ek het n man geken wat n bestuurs lisensie daar gekoop het vir R8000. Hy is toevallig Sondag oorlede maar hy het nog nooit n voertuig in sy lewe bestuur. As ek kon uitvind presies waar hy dit bekom het sou ek sowaar n klag by die polisie gaan lê het. Kyk net wat doen die korruptes vir geld

miv ·

Herman Madhaba, was daar maar meer van jou statuur in ons land, sou die vrot nalatenskap van die ANC vinnig reggeruk kon word. Jy is ‘n dapper man

Yster ·

Groot probleem . Dit begin by onpadwaardige voertuie Onpadwaardige bestuurders. Onpadwaardige verkeersmanne. Onpadwaardige bestuurlisensies . Die probleem is te groot om te beveg. Hierdie manne is maar die oor van die seekoei.

Alida ·

Kan MM asb n kontak no plaas waar mens dit in Pretoria kan aanmeld. Die DA se no asb. Die polisie werk hier saam met hulle. Die Valke se no ook asb.

Alida ·

Ek het bykans op elke artikel kommentaar gelewer maar nie een is geplaas nie. HoekomMM?

Landi Slatter ·

Dagsê Alida

Dankie virj ou navraag. Neem asseblief kennis dat dit soms ‘n wyle kan neem voor kommentaar op die webwerf verskyn, omdat dit bloot dalk nog nie deur die webblaaier ge”cache” is nie. Soms beland kommentaar ook in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur moet word. Wanneer kommentaar dus nie dadelik op die webwerf verskyn nie, is dit nie noodwendig afgekeur nie, dis dalk nog net nie deur die webblaaier verfris nie of bloot nog nie goedgekeur nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Rudolph ·

SAPD / VCI het in 2016 my voertuig ge-konfiskeer nadat die verkeersdepartement nie die padwaardigheid kon sertifiseer nie aangesien daar ongeruimdhede met die onderstel / VIN nommer(s) opgeduik het. Aanvanklike ondersoeke het getoon dat die voertuig n’ “Grey Import” is; dat die voertuig uit een of ander buurland die land binne gebring is en die eerste keer in 2008 geregistreer is in RSA en in 2014 weer…waar die bedenkinge begin intree is dat dit deur dieselfde ‘beampte’ op die stelsel ingevoer is en beide kere is polisie ‘klaring’ verkry. Aangesien ek nie die padwaardigheid kon slaag nie moes ek ook polisie klaring verkry maar daar is my voertuig summier ge-konfiskeer. Ek is nou minus my voertuig vir die afgelope 7 maande, nie eers te praat van die bedrag geld wat ek betaal het vir die voertuig se aankoop EN die verdere bedrag gespandeer op repparasies nie!!! Die vorige eienaar pleit onkundig en verwys my na die handelaar toe wat namens hom die ‘papierwerk’ gedoen het…net interresant dat n’ familie-lid van die vorige eienaar NDip Road Traffic and Municipal Police Management at traffic college as sy kwalifikasies adverteer…Ek het al n’ paar “Verbruikers Beskermers” genader en my saak bepleit maar niks het sover daarvan gekom nie. Ek soek my voertuig terug of my geld. Hoe maak ek?

Niccy ·

Dit is nog nie die einde nie, gaan kyk hoeveel voertuie is gekloon of ry met vervalsde nommerplate rond om Verkeersoortredings te ontduik. E-Toll gaan probleme kry met al die vervalsde nommerplate en die ‘beskuldiges’ sal moet bontstaan om hul onskuld te bewys. Sit sekere tekens op jou voertuig om hom as jou eie uit te ken, veral in die ruite en naby die registrasie nommer. Hou foto’s van jou voertuig byderhand net vir ingeval. Daar kom ‘n dag wat jy nie jou Voertuig lisensie kan hernu nie, omdat daar onwetend iemand met jou vervalsde nommerplaat op sy voertuig ry en heerlik op jou naam en voertuignommer boetes bymekaar maak. Hy hoor of sien nooit sy oortredings nie en jy moet die spit afbyt…. veral in ons groot stede.

Scalla ·

Minister van vervoer, moenie verder ondersoek oor die hoe padsterftes en ongelukke nie, hier is die probleem, ondersoek al die lisensies wat daar uitgereik is , ironies dat daar altyd luukse kragtige swart voertuie betrokke is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.