Korrupsie by Tshwane-lisensiekantore ook ontbloot

Argieffoto: www.services.gov.za

Argieffoto: www.services.gov.za

Die Stad Tshwane sal binnekort beamptes by die stad se lisensiekantoor skors wat na bewering by verskeie korrupte bedrywighede betrokke was.

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, het Maandag gesê 12 amptenare word reeds dissiplinêr verhoor. “Ons het egter meer as 100 skuldiges geïdentifiseer. Hierdie getal kan nog vermeerder soos ons ondersoek instel na hierdie praktyk, wat ongesiens onder die vorige ANC-administrasie bedryf is,” het Msimanga aan verslaggewers in Pretoria gesê.

“Dit beteken effektief die Stad Tshwane vorder nie die geld, wat weens talle verkeersoortredings aan die stad verskuldig is, in nie. Dit beteken van die stad se skuld sal nooit ingevorder word nie, wat dit verder bemoeilik om die nodige inkomste in te bring wat nodig is om dienste aan wetsgehoorsame burgers, wat op hierdie dienste geregtig is, te verskaf.”

Msimanga het gesê hy het opdrag gegee dat alle amptenare wat by korrupsie in die lisensiedepartement betrek word, onmiddellik geskors en die nodige stappe teen hulle gedoen word. Ander korrupte aktiwiteite sluit onder meer in beamptes wat misdadigers help met gesteelde voertuie, die kloning van lisensies en onwettige transaksies met die uitreik van leerling- en bestuurslisensies.

“Die stad werk saam met die Gautengse departement van paaie en vervoer in sy ondersoek om al die skuldiges vas te trek en aan die pen te laat ry en moontlik die geld wat gesteel of wanbestee is, terug te kry.”

Msimanga se aankondiging kom kort nadat Johannesburg se burgemeester, Herman Mashaba, talle beweerde korrupte amptenare by die stad se lisensiekantore geïdentifiseer, geskors en strafregtelik laat vervolg het. Mashaba het vroeër gesê Johannesburg het R14 717 444 in 972 beweerde korrupte transaksies gedurende die vorige ANC-administrasie se termyn verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Whahahahahaha! Geskors? Lekker betaalde verlof om te cover waar hulle kan! En terwyl julle besig is…try Culinan en Rayton!!!!! Blatante in jou gesig korrupte geld maak trix! Gaan maar net weer aangepass word na die volgende departement.

Johann ·

Whahahahahaha! Geskors? Lekker betaalde verlof om te cover waar hulle kan! En terwyl julle besig is…try Culinan en Rayton!!!!! Blatante in jou gesig korrupte geld maak trix! Gaan maar net weer aangepass word na die volgende departement.

Christa ·

Wat verwag julle as ‘n stad deur All the Nation’s Criminals bestuur was? Kyk na die ander dele van ons land waar hulle in beheer is – dit spreek boekdele!!!

Aster ·

Ja nee so gaan dit aan en aan en aan. Ons weet mos al lank al dis mos hoe dinge in hierdie land werk. Waar is dinge nie korrup nie!

Alida ·

Ai mense asb wees dankbaar dat die DA n poging aanwend om dinge reg te ruk. Gee hulle darem bietjie krediet. Die vorige raad het net gesteel en niks gedoen nie. Sies vir juĺle.

Hennie ·

Dis gladnie snaaks nie, ons weet almal dat dit aan die orde van die dag is. Dit gaan oral so waar die ANC beheer het. Dankie vir ‘n DA burgemeester!!

Hendrik ·

Regtig niks spesiaal aan die DA. Dit is normaal om eerlik te wees.

olof ·

Hierdie tipe korrupsie is die hele land vol. Ons het dit agtergekom met lisensies vir matrieks.

Frederik ·

Hehehehehehe!!! Driving licence. Dus, ‘n ” licence ” wat besig is om te bestuur.

Sue ·

Ja nee kyk waar ookal hulle in beheer is is daar korupsie. As daar nie is nie sal ek behommerd wees. Hulle moet net weet hulle doodskleed het nie sake nie.

Renette ·

Wens hulle wil Bethal kom ondersoek hier vertel die beampte wat leerling lisensies doen jou sommer reguit as jy nie bribe nie kry jy nie jou lisensie nie

Jack ·

Die deler is net so goed soos die steler. Daar is duidelik a mark vir die goedere. Miskien moet die probleem so oopgevlek word dat ons kan sien wie is die “deler” Om net die amptenare te skors gaan nie die probleem oplos nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.