‘Korrupsie is hoofrede vir werkloosheid in SA’

Mmusi Maimane by die bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes in Johannesburg. Foto: ANA

Mmusi Maimane by die bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes in Johannesburg. Foto: ANA

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê korrupsie in munisipaliteite is die grootste bydraende faktor tot Suid-Afrika se werkloosheidsyfer.

Maimane en Solly Msimanga, die DA se burgemeesterskandidaat vir Tshwane, het plakkate in Pretoria aangebring vir die party se munisipale verkiesingsveldtog sowel as sy sogenaamde werkveldtog. Laasgenoemde veldtog maak deel uit van die party se verkiesingsmanifes wat beloof om die land se ekonomie ʼn hupstoot te gee en werk te verskaf.

Maimane het uitgevaar teen die regerende party sowel as die EFF en gesê Julius Malema se party is net so korrup soos die ANC en dat hul beleidsrigtings niks vir die mense van Suid-Afrika kan bied nie.

“Waar daar korrupsie is, kan daar nie werk wees nie en dit is hoekom die ANC-regering nie werk kan skep nie. Hoe vertrou jy mense wie se beleid in Zimbabwe misluk het? Hulle kom van dieselfde plek af, hul beleid is dieselfde, maar hulle [EFF] sê vir mense om in hulle te belê. Ons het onder die ANC se leierskap gesien dat ons ekonomies afgegradeer is en dit sal erger wees onder die EFF, want hul beleidsrigtings het ten doel om beleggers weg te jaag,” het Maimane gesê.

Volgens Msimanga is al manier om korrupsie in die werkloosheidstelsel hok te slaan, om mense volgens hul kwalifikasies en kundigheid aan te stel terwyl ʼn ooptenderstelsel al manier is om tenderkorrupsie te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Willie ·

Saam met magsbeheptheid, onkundige aanstellings, sameswering, buiging wat wetgewing, en noem dit… Stuur dit af op n groot ramp.

m ·

Werkloosheid in SA is grootlik veroorsaak deur die ANC. Hulle verryk hulle self en sorg dat hulle familie en vriende in hoe poste sit en dis hoe ver hulle werkskepping strek. Die ekonomie se verval is ook deur hulle toedoen. Kyk hoe gaan dit in die parlement, een groot sirkus en die buiteland sien dit, so hoekom sal hulle is so sirkus land wil bele. So kan ons net aangaan en aangaan….

Johann Marx ·

Geen Afrika land se regering kan ‘n sterk middelklas bekostig nie….want dan word die “rulers” ontbloot vir wie en wat hulle eintlik is. Gaan kyk maar….in amper elke Afrika land is 5% van die populasie super ryk. Dit is die regeringsamptenare, hulle familie en vriende, en die krimineel wat so finansieel sterk is dat hy bokant die wet verhewe is….en die oorblywende 95% van die populasie? Squatterkamp….

alida ·

Mooi so Mmusi sê hulle. Werk hard onder die jong kiesers want die EFF beinvloed hulle sielkundig en stook hulle op. Die DA moet hard werk aan hierdie groep mense. Sal dit nie wonderlik wees as die DA Tshwane kan oorvat nie !!!!!!!!

DMC de Koker ·

Stem jy gerus vir hulle. Ek sal nooit vir een van die 3 grootste partye tans in die land stem nie. Want as ek dit doen kan ek netsowel my Bybel in die asblik gooi.

Liza ·

Geagte “DMC de Koker” dit is reg dat jy opstaan vir jou Christen waardes, maar ongelukkig gaan dit niks help as duisende mense wegbly van die stembusse af nie, en om vir ‘n minderheidsgroep te gaan stem gaan jou NIKS help nie. Ons moet saamstaan teen die ANC, Christene en nie-Christene. Dit is al manier! As almal wat nie saam met die ANC stem nie net saam staan kan ons iets bereik!

Connie ·

Wat help dit jy gaan stem vir DA? Wat doen hulle vir die boere. Ou Mussie stem dan saam dat plaasmoorde nie ras verwand is nie maar krimineel. Wat sê en doen hulle vir Afrikaans? Ek stem ek stem ook nie weer vir hulle nie. Want wat help dit? Hulle doen niks vir ons ou bleek velletjies nie.

John ·

31 miljard is in mense se sakke. Dit het nie verdamp nie. Die SAUK moet nie meer wys hoe die arm swartes besig is om te ‘ontwaak’ nie, want hulle moet die sosialistiese/kommunistiese drogbeeld help voorhou. Rusland self het hierdie juk met groot moeite en lewensverlies begin afgooi omdat dit die pad na die afgrond is. ‘n Mens se werkloosheid begin by sy geboorte. As die ouers sukkel, is die vraag: Hoe gaan my kind iewers kom as ek al klaar in ellende leef? Om aan te was omdat jou regering jou aanmoedig en jou ‘n rand of 2 in hand stop waarmee jy skaars ‘n sak mieliemeel kan koop, is dwaas. ‘n ‘Bic’-aansteker en ‘n kan petrol is beslis nie die antwoord nie.

Rynhardt ·

LIZA JOU MAIMANE IS NIE OPREG MET DIE PUBLIEK NIE.GISTER HET E-TV DIE DA SE ADVERTENSIE GEWYS.HY PRAAT VAN VERANDERI G, MAAR DIE BEELDNATERIAAL WYS NET DIE MASSAS UIT.BLANKES TEL NIE BY HIERDIE LIBERALE PARTY WAT DEUR BRITTANJE FINANSIEEL GEONDERSTEUN WORD NIE! DAN SE JOU GELIEFDE MAIMANE:”WE GONNA CREATE A FUTURE FOR EVERTBODY”. WERKLUK? DIT IS N UITERS MISLEIDENDE STELLING, WANT DIE DA ONDERSTEUN DIE ANC SE VRYHEIDSMANIFES WAT REGSTELLENDE AKSIE TEEN ONS BLABKES UITSPEL! JOU DA ONDERSTEYN REGSTELLENDE AKSIE.SA POLITIEK IS GEBOU OP LEUEBS EN BEDROG! LIZA JY WORD MEESTERLIK GESPEEL!!

DMC de Koker ·

As Christen het hulle darem nie my stem nie. Gaan stem jy maar gerus vir ‘n party wat on-Bybelse waardes nastreef asook ‘n anti-Afrikaner/Anti-Boer beleid het. Dis jou goeie reg. Maar my gewete is skoon.

Aster ·

Net bly om te sien dat dit nie “apartheid” se skuld is vir werkloosheid nie. Alles is mos altyd apartheid se skuld.

DMC de Koker ·

Interessant om te sien hoe mense steeds agter die DA se misleiding ook aanloop. Word wakker; die 3 grootste partye in hierdie land se ideologië is baseer op marxisme, liberalisme en kommunisme. Die DA openbaar so reuse anti-Afrikaner/anti-Boer en anti-Christelike beleid en tog loop soveel blankes asook Christene (wat nie net blankes insluit nie) goedmoeds agter hierdie misleiers aan. Om nie te praat van die DA se beleid wat grondhervorming, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en naamsveranderings steun nie (om ‘n paar te noem). Gaan sny maar julle eie kele af deur vir hierdie party of die ander 2 van die top 3 te stem. Maar moenie sê mense het julle nie gewaarsku nie. Maar ek sal nie deel hê aan hierdie politieke en kulturele selfmoord om vir hulle te stem nie, om nie te praat van verloëning van die Woord nie.

alida ·

Godsdiens het niks hiermee te doen nie. Daar is ‘n plek en tyd vir alles. Mens moet gaan stem al is dit vir enige party solank jy stem. Onthou die mense wat nie stem nie se stemme gaan vir die ANC. Asseblief kom tot julle sinne en gaan stem vir enigiemand.

Hendrik ·

Jammer Alida , godsdiens is regtig die nommer een en alles speel daarom. Of verstaan ek dit verkeerd?

Ruby ·

alida, ek verskil van jou. Godsdiens het altyd met alles te doen, dit is deel van jou wese as jy ‘n Christen is.

Dit is gevaarlik om mense te vra om vir enige party te stem net solank jy stem. Ek deel jou argument dat ‘n verlore stem vir die anc sal gaan maar dan moet jy mooi gaan kyk met watter party jy jouself mee kan assosieer.

Heinrich ·

Die woorde wat Mmusi gebruik is heeltemal te groot; hulle sal dit nooit verstaan nie. Hy praat hier me mense wat eens die basiese konsep van demokrasie kan verstaan nie; wat nou nog van ekonomiese belied. Die dag wat hulle kan verstaan dat jy uitstem wie nie vir jou werk nie ipv klippe gooi en bande brand teen dieselfde een vir wie jy stem sal daar hoop wees!

Paul ·

Dis nie waar nie. Korrupsie is wel ‘n bydraende faktor, maar die hoofrede vir werkloosheid is die inmengende regeringsbeleid (ook genoem “regulering”) op alle terreine.

lieven ·

Da het my stem verloor .Mider as n maand gelede blameer hulle ook mos apartheid vir die gemors in skole ondersteun eientlike alles wat die ANC doen net met n biekie versiersuiker vir die blankes.Ek daag al die DA ondersteuners uit om MIDERERHEID IN EIGEN LAND deur Matin Bosma te lees en PEOPLES WAR deut Anthea Jeffery te lees.Groot helde vir die DA is mos mense soos Oliver Tambo,thabo mbeki,Nelson mandela ens. dis mos wat DA leier Mmusi maimane in die parlament as sy groot helde beskou.As n vlaamse afrikaner stem ek liefs vir n party wat nie n kans staan nie maar wat wel vir my regte opstaan. Ons is miskien min maar my gewete is skoon Xssss DA ondersteuner………VF+ van nou !

Ag ·

van al die mense wat kommentaar gelewer het, bid julle elke dag vir ons land, ons regering en ons mense? Vra maar net.

Anti-Afrikaner ·

Nederlanders aan Steve: ‘Kom terug na jou stamland’

jennefer ·

As die christene dan beswaar het om DA te stem, waarom stem hul nie African Christian Democratic Party (ACDP)???????????? Daar is swart christene ook!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.