‘Korrupsie lê SA spioene lam’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag tydens sy getuienis by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê Suid-Afrika se intelligensieagentskap is lamgelê nadat dit gebuk gegaan het onder korrupsie tydens oudpres. Jacob Zuma se bewind.

Ramaphosa het aan die kommissie gesê die land het ʼn tydperk van staatskaping onder Zuma beleef wat ʼn aantal staatsinstellings verwoes het.

Die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) was glo een van dié instellings wat in die gedrang gebring is.

Ramaphosa se getuienis volg kort nadat onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het. Dié onluste het gerugte van sabotasie en die mislukkings van intelligensiehoofde om die polisie en lede van die publiek vroegtydig te waarsku, aangevuur.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn intelligensieverslag oor die moontlike versperring van paaie en aanvalle op winkelsentrums na bewering nooit aan die polisie oorhandig is nie.

(Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

In ʼn poging om die agentskap weer op dreef te kry, het Ramaphosa die SVA na die kantoor van die presidensie geskuif – glo om ʼn fyner oog op die instelling te hou en van moontlike ongure rolspelers ontslae te raak.

“Ons was in ʼn diep gat en ons probeer weer bo uitkom. Ons is vasbeslote om te slaag en ons sal slaag.”

Ramaphosa het Woensdag sy getuienis by die Zondo-kommissie hervat. Hy het gesê dat Zuma se destydse besluit om Nhlanhla Nene met Des van Rooyen as minister van finansies te vervang, ʼn kaping van die nasionale tesourie was.

Hy het egter besluit om as adjunkpresident aan te bly om die kaping te help takel.

Ramaphosa is dieselfde dag gevra oor sy beweerde aandeelhouding in die omstrede Optimum Coal Mine en Optimum Holdings wat in die berugte Gupta-broers se hande beland het. Luidens sy verklaring het hy in 2013 as direkteur van Optimum Holdings bedank en in 2014 sy aandele verkoop voordat hy as adjunkpresident van Suid-Afrika aangestel is.

Die Zondo-kommissie sal sy werk na verwagting teen die einde van September afhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kobus ·

Engeltjie! Nou almal se skuld. Hy moet tog net nie in trane uitbars nie. Nou is JZ die enigste skuldige. Geen “guts” gehad om teen JZ op te staan nie. As regter Zondo sy stories glo kan hy net sowel aan die tandmuis glo

Werner ·

Die intelegensieagentskap moet nog steeds lamgele wees.Hulle kondan nie eers agtergekom dat die onluste sou uitbreek nie.Wonder of Cyril dink ons moet sy twak glo.Hy is nou met mense deurmekaar wat verstand het.Glo hy het homself net do lekker gehelp.

Keith ·

Great. So now we have confirmation about everything that everybody already knew . Also very admirable to hang in there from 2014 to 2018 as Dep Pressie, and all the time knowing that the ship was sinking. Could’ve at least tried to put the drainplug back in.

Lourens CFG ·

Or anonymous tip to some investigating journo’s could have helped as well.

Mariana ·

Hoe gebeur so iets reg onder jou neus en jy is onbewus van als, nee regtig? Ons glo niks wat julle uiter nie. Hy het dit laat gebeur en was en is steeds bang vir Zuma. Hoekom is die ANC so bang vir hom, hy is net mens, nie tokolosh………..

Willempie ·

Lamsakkig….papbroek…. Jy was in daardie stadium 2e in bevel, het van alles geweet nogtans noks gedoen nie. Wou kamstig bedank .Hoekom het jy nie. Julle het maar net almal dieselde mentaliteit en lieg soos …….

Pitbul ·

As hulle die wêreld se presidente moet vergelyk met skool gaande kinders is meeste in matriek en hy in graad RR

Jacobus ·

Geleerdes noem dit semantiek; “ons was in ‘n die gat” – “was” moet eintlik “is” wees. Nog heelwat skoonmaak om te kom – min Cele, min Demografie en min “Fear bokkerall” en heelwat ander!

Pieter ·

En jy het van niks geweet nie dink jy regtig ons het jou graad een mentaliteit voetsek man.

Cherokee ·

Niks van sy baie praat verontskuldig hom, wat 2de in bevel was nie. Hy sê nie ‘n woord van wat hy gedoen het om dit te voorkom nie. Niks betreffende teenstand van sy kant af nie.

Dup ·

So sê die president wie se maatjies in die parlement die DA uitgelag het toe hulle van staatskaping gepraat het!

Esme ·

Dit is maklik om onskuldig en onnosel te pleit – of nog ‘n beter verskoning…. ‘Ek wou die situasie dophou en monitor’. Dit is so ‘n groot jammerte dat daar soveel monitering plaasvind maar dat geen aksie uitgevoer word nie. Dit voel of die Zondo Kommissie al vir jare Staatskaping ondersoek maar ek glo nie ons gaan ooit uitsluitsel oor hulle bevindinge kry nie.

Persheks Adri ·

Cyril jy praat nou lekker snert! Ek sê jou ‘n blinde mens sou hierdie plundery raak sien man. Vir intelligensie is ‘n brein nodig! Alles is beplan ons is nie vlak in die dak nie!

Yvonne ·

Pilatus het ook so lafhartig opgetree…..wat het hy regtig gedoen wat noemenswaardig is…niks maar niks

Anoniem ·

Hy het seker maar gewag dat die skip moet sink dat hy soos ‘n lewensredder wou induik en dit red. Ongelukkig het dit geboemerang . Hoekom is al die Munisipaliteite bankrot, hoekom is daar geen blanke Burgermeester nie? Hoekom word bevoegde mense nie in poste aangestel wat die werk kan verrig en help om hierdie land reg te ruk nie?

Jack ·

Hy het geweet en stil gesit op dit. Blykbaar van binne baklei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.