Korrupsieklag teen Lesufi oor staatskontrak

(Foto: Arnaud Jaegers/Unsplash)

ʼn Klagte van korrupsie is teen die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, aanhangig gemaak oor die beweerde onregmatige toekenning van ʼn kontrak aan ʼn IT-maatskappy.

Die burgerregtegroep AfriForum sê Lesufi het noue bande met die IT-maatskappy In2IT wat verlede jaar ʼn drie jaar lange borgskapooreenkoms met die Moroka Swallows-sokkerklub gesluit het. Lesufi is die president van dié klub.

AfriForum sê nege maande later het die Gautengse departement van finansies en e-regering ʼn tender van R30 miljoen aan In2IT toegeken sonder dat tenderprosedures gevolg is en voordat die minister van kommunikasie toestemming gegee het dat die tenderproses opgeskort kon word.

Die organisasie sê die tender is binne 24 uur nadat tenders aangevra is, aan In2IT toegeken. Dit het groot ontevredenheid by die tesourie veroorsaak oor die proses wat gevolg is.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê Suid-Afrika kan nie in dié stadium bekostig dat belastinggeld deur beweerde korrupte tenderprosesse geplunder word nie. Hy sê onregmatige tenders, ook dié waarby senior politici betrek word, moet beveg word.

Kriel sê Lesufi het nooit ontken dat hy van die tender geweet het nie. Hy sê Lesufi se besluit, dat Swallows In2IT se borgskap moes opsê, is eers geneem nadat ongerymdhede met die tendertoekenning aan die lig gekom het.

Phyllis Vorster, ‘n aanklaer by AfriForum se private vervolgingseenheid, Andrew Leask, hoofondersoeker by die eenheid en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, by die Wierdabrug-polisiestasie waar hulle die klagte aanhangig gemaak het.

“As Lesufi se verbintenis met In2IT nie onregmatig was nie, waarom anders sou hy sy sokkerklub se bande met die maatskappy verbreek toe vrae oor dié tender ontstaan het?”

Kriel sê Lesufi het ook vriendskapsbande met Tshepo Mokoena, een van In2IT se direkteure. Mokoena sou dus glo direk voordeel trek uit die kontrak wat die Gautengse regering onregmatig toegeken het.

“Nog ’n direkteur van In2IT, Memme Maria Siyo, is volgens onlangse rekords nog in diens van die Staatsveiligheidsagentskap. Die regering se gedragskode verbied enige staatsamptenaar om met die regering sake te doen,” sê Kriel.

Hy sê Dawid Mogashoa, voorsitter van Swallows, se maatskappy Bahwiti het ook ʼn kontrak om motorbande aan die regering te verskaf.

Kriel sê hy hoop dat ’n volledige polisieondersoek groter duidelikheid sal bring oor die kwessie en dat enigeen wat onwettig opgetree het, vervolg gaan word.

Die klagte is by die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Martie Smartie ·

Julle mors julle tyd. Die sg Valke is te pateties om die saak erens te bring. Adv Shamila Batoyi en Cronje, hoeveel korrupsie vervolgings van MPs en politici is tans op die hofrol??

Burgermeester ·

Ou LuiSofie, jou …
Kyk, hier vanuit die vlaktes duskant Hebron lyk die land se vooruitsigte maar oes, danksy mense soos LuiSofie et al. (2020). Dit is wat BBB-EE doen, dit maak die ‘well connected’comrades’ ryker en meer agterbaks, terwyl die wat vir hulle stem nog steeds niks het nie. Wanneer gaan die mense wat vir die ANC stem ooit wakker word?

Leeuwyfie ·

Om jou vraag te antwoord, die stemmers glo dis of die ANC of witmense. Hulle haat witmense meer as diewe.

Burgermeester ·

Thank you, unfortunately, social media does not allow me to address him for what he truly is, or represents.

capie ·

Die mense sal besef wat aangaan die dag wanneer ons is waar Zim nou is. Ek dink dit is naby en dan sal verkiesings nie help nie.

Anel ·

O, my. Kon hulle nie saak by ‘n swakker polisiestasie gaan maak het nie! Wierdabrug is van die swakstes in die land, tensy hulle daar ‘n goeie speurder ken. Sterkte.

Erica ·

Ek stem saam. Die klag het klaar voete gekry. Of het die ook vir hulle gese “hy kan tronk toe gaan is jy seker” ek speel nie dis wat hulle vir jou se.

Scalla ·

gaan seker weer jare neem om te ondersoek, kan hul nie vertrou nie klaar.

Willem ·

My magtig die grootman wat almal afdank het ook n fout gemaak. Hy is mos Chuck Norris

Kokerboom ·

Afriforum my voorstel is : Stel uitstekende ondersoekende joernalis Pierter-Louis Myburgh aan om die korrupte anc rotte uit te ruik. Sprekende voorbeeld is sy boek: State Capture: Ace Magashule

Joggie ·

Hy maak seker Cyril trots, ‘n ware ANC comrade in murg en been!

Sarel ·

Lesufi is een van die Regering se top manne juis oor sy optrede en uitsprake. Hierdie saak gaan sloer en sloer want hy is op paf Parlement toe

Genis ·

Liewe aarde Serfaas, so korrup soos nog iets..te BBB’s in EEE’s?

Christa ·

Ou Sofjie Skelm Hel Doen ondersoek Dankie AfriForum en Solidariteit VF Jul doen goeie werk

Eerlik ·

Ja, lekker. Lesufi, die hoogste bome vang die meeste wind!!

Pieter J ·

Hulle moet net op die polisie se nekke lê om hulle op hoogte te hou met die vordering en as daar niks gebeur nie daarop aandring dat hulle ń privaat vervolging wil instel. Indien die polisie nie wil saamwerk nie moet hulle selfs die hof nader vir toestemming vir ń privaat vervolging. Hierdie Lesufi het nou vir te lank te veel moeilikheid vir blankes gemaak en hierdie geleentheid om hom te “nail” moet met albei hande aangegryp word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.