Korrupsiesaak: Zuma se verhoor uitgestel

Oudpres. Jacob Zuma tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Michele Spatari/ AP)

Die korrupsiesaak teen oudpres. Jacob Zuma is tot Junie vanjaar uitgestel weens die afsonderingsregulasies wat tans geld om die verspreiding van Covid-19 in die land hok te slaan.

Zuma was veronderstel om weer Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg te verskyn op aanklagte wat spruit uit die omstrede wapentransaksie wat in die laat 1990’s deur die Suid-Afrikaanse regering onderhandel is. Die oudpresident moet egter nou op 23 Junie in dié hof verskyn, berig eNCA.

Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales word geïmpliseer in bedrog, swendelary en geldwassery.

Maroela Media het vroeër berig die oudpresident het aanvanklik aansoek om verlof tot appèl in die Konstitusionele Hof gedoen. Dié aansoek is egter in April vanjaar teruggetrek.

Die JG Zuma-stigting het gesê dié besluit baan die weg vir Zuma om voorbereidings te tref vir die verhoor en te wys dat hy nooit voordeel getrek het uit die wapentransaksie nie en dat hy ook nie poog om sy dag in die hof vry te spring nie.

Zuma het vantevore nie vir hofverskynings opgedaag nie. Sy prokureurs het aangevoer dat die oudpresident te siek was om in die hof te verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Frederik ·

Dit is absurd, kyk wie mors nou die belasting betaler se geld. Die saak kon al lankal afgehandel gewees het. Skuldiges kry kans op kans om los te kom. Hoekom dan vervolg? Klug op klug

Cherokee ·

Jy moet nie rede skep vir vrae oor aan wie se kant jy is, nie.

Kobus ·

Herdoop honm na “Houdini Zuma” Gee hom dit,hy is ‘n meester met die taktiek.Junie gaan hy seker na Kuba reis vir sy opvolg dokters ondersoek.

Jacobus ·

As hulle lank genoeg uitstel gaan daai familie wegloop met biljoene – kyk maar.

Jerry ·

Natuurlik is dit uitgestel, gaan nog baie uitgestel word en dan later verdwyn

Janc ·

Ag hy is seker baie bly hieroor…. Maar die Zuma’s is lank nie klaar met SA nie. Hulle is vuur en vlam aan die gang!

Hekwag ·

As dit so aangaan steek hy nog lepel in die dak voor hy kan tronk toe gaan… waar hy hoort, die rôbies!

Willem ·

Dis gedoen om sy vrou kans te gee om president te word. Dit gaan gebeur voor hy moet voorkom. Dan is die saak nie meer nie

Eerlik ·

Gelukkige hy, nou kan hy weer aan sy volgende “siek nota” werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.