Dis nou reeds langer as 100 dae vandat die spesiale ondersoek-eenheid (SOE) se verdoemende verslag openbaar gemaak is waarin die ANC-hoofsweep in die Gautengse wetgewer, Brian Hlongwa, by R1,2 miljard se korrupte bedrywighede betrek word, sê die DA.
“Ons het dit elke dag met ons ‘Hlongwa-monitor’ gemeet wat vandag (Sondag) wys 101 dae het reeds verstryk,” sê Jack Bloom, DA-woordvoerder, “maar Gauteng se premier, David Makhura, het Hlongwa nou nog nie uit sy senior amp ontslaan nie.”
Op 28 Julie 2014 is berig dat bewerings teen Hlongwa na die ANC se provinsiale integriteitskommissie verwys is, maar daarvan het dadels gekom, sê Bloom.
Vanjaar het die ANC se Gautengse sekretaris, Jacob Khawe, gesê Hlongwa sou voor die ANC se provinsiale integriteitskommissie onder leiding van Trevor Fowler van 11 tot 15 Augustus gedaag word.
“Intussen is Hlongwa herverkies as lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee, tesame met die gewese LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, wat tot skande gemaak is en wat ook veronderstel was om voor die integriteitskommissie te verskyn in verband met die [Life] Esidimeni-tragedie,” sê Bloom.
Hy sê in die SOE-verslag is aangetoon hoe “staatskaping” plaasgevind het toe ʼn private maatskappy die bestuursfunksies van die Gautengse gesondheidsdepartement oorgeneem en verdagte tenders van meer as R1,2 miljard toegeken het met beweerde belonings vir Hlongwa.
Die departement het steeds nie van dié duistere tydperk herstel nie, wat die oorsaak was van die huidige krisis in Gauteng se openbaregesondheidsektor. “Dis ʼn skande dat die ANC versuim om op tree teen Hlongwa, wat R1,4 miljoen per jaar as hoofsweep verdien,” sê Bloom.
Die DA roer. Mooi so
Jy het lanklaas beledigings na AfriForum geslinger. Versigtig geword nè.
Wat sal die ANC nog onder die mat in vee?
Nee, skuus, hy word vir sy bydrae herverkies….??
Hulle sal nie van hom ontslae raak want die organisasie en sy ondersteuners is korrup
Die ANC beskou hulself verhewe bo die wet, dus ignoreer hulle alle sulke dinge en gaan voort asof niks gebeur het nie. Wat anders verwag ons van n spul wat korrup is.
In ons reg is daar ‘n reël “par delictum” In kort beteken dit net :een misdadiger kan nie sy verlies van ‘n ander misdadiger verhaal as hulle saam deel is van die komplot nie. In my opinie is die betaling van belasting deesdae deel van die misdryf want dit stel die misdadige ANC wie ons weet almal betrokke is, in staat om lustig te plunder sonder enige gevolge!As hulle onder druk is is word ‘n kommissie aangestel. Dit terwyl geen vervolging ooit volg nie. Daarom meen ek ons as belasting betalers doen lustig mee en bly die misdaad fasiliteer. Ek meen ook dit sal ‘n regsgeldige veweer in ons reg vorm sou SARS jou wou dwing om verder belasting te betaal en btw te vorder. Dis maar my opinie
Ramapaddapot dink seker hy is n hero.Hoe groter die korrupsie hoe groter die hero.Indien hy ernstig was oor korrupsie sou die man lankal die trekpas gekry het en vele ander ook.
Wecome to SA.
Ek verstaan daar word ‘n nuwe ambassade gebou in elke provinsie, seker vir hulle mense.
Die pic is so veelseggend…. die man hou van skewe geboue want dit laat hom voel hy staan regop.
Kyk net na hul president met al sy leuns en jy kan verstaan dat hulle niks sal doen aan die spul korrupte elemente in die regering nie. Hulle stuit nie eers vir n hof nie, so wat nou DA.
dont tell us what to do. we are large and in charge. siveel arrogansie!
Die probleem is nie die enkele persoon wie se skandes uit kom nie, die werklike probleem is die organisme in Afrika van Afrika vir Afrikaan: African National Corruption.
Dit is ‘n leefwyse, ‘n tradisie en geloof.
Korrupsie in Afrika terme is “goeie sosiale betrekkinge”
Ek wil huis bou – so gooi die klippe!
Geen wonder. Die ANC beveg net korrupsie met woorde maar sit nie die daad by die word nie. Wie sal dan oorbly om te regeer
Hy sal nie afgedank word nie want hy het die regte kwalifikasie. Korrupsie meestersgraad.