‘Korrupte’ munisipale werker kry borgtog

Valke

Argieffoto

ʼn Werknemer van die Sol Plaatjie-munisipaliteit in die Noord-Kaap wat van bedrog en korrupsie van miljoene rande aangekla word, is op borgtog vrygelaat.

Theodor Robert Williams (48), ʼn tegniese assistent in die boubeheer-afdeling, het Donderdag in die Kimberley-landdroshof verskyn en is borgtog van R2 500 toegestaan.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder vir die Valke, het gesê Williams is Woensdag deur die Valke in hegtenis geneem nadat minstens tien slagoffers die munisipaliteit genader het wat betaal het vir die optrek van bouplanne of die goedkeuring en hertekening van bestaande bouplanne.

Die bedrae is glo aan Williams oorbetaal, maar daar is geen dienste gelewer nie.

Verdere ondersoek het ook aangedui dat Williams voorheen drie jaar tronkstraf uitgedien het vir diefstal. Hy word ook daarvan aangekla dat hy nie dié inligting bekendgemaak het tydens sy onderhoud in 2008 nie.

Die waarde van die bedrog wat hy gepleeg het tesame met sy salaris tussen 2008 en 2017 beloop meer as R2,2 miljoen.

Die saak is tot 24 Februarie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leonard ·

Dis ALLES as gevolg van Korrupte amptenare wat hom ‘korrup’ aangestel het. Jammer, maar dis deesdae die stand!

oortjies ·

Daars baie diefstal en korrupsie; party mense word net nie uitgevang nie!! maar slim vang eendag sy baas!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.