Korrupte polisiebeampte gevonnis

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Korrupte polisiebeampte van Mosselbaai wat oor ʼn tydperk van drie jaar meer as R65 000 se omkoopgeld aanvaar het en vervalste klaringsertifikate uitgereik het, is Maandag gevonnis.

Landdros Sabrina Sonnenberg het Daniel Fortuin (59) in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Fortuin het skuldig gepleit aan aanklagte wat geformuleer is ingevolge die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede.

Fortuin is ook bykomend tot die vyf jaar tronkstraf, tot ʼn boete van R200 000 of ʼn verdere twee jaar tronkstraf gevonnis. Volgens ʼn pleitooreenkomsdokument het Fortuin omkoopgeld van R500 van ʼn motorverkoopsman begin aanvaar om op bedrieglike wyse klaringsertifikate uit te reik vir motors wat nie geïnspekteer is nie.

Volgens die dokument was daar 91 transaksies tussen Abrahams en Fortuin en is minstens 20 klaringsertifikate uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

In sekere lande in die wêreld het lede van ‘n Polisiemag ‘n aansien in die gemeenskap, hulle gedrag is absoluut bo verdenking, en hulle DIEN hulle mede landsgenote. En in Afrika is dit “Ek is ‘n polisieman, ek kan doen wat ek wil en wat gaan jy daaraan doen?”

Theresa B ·

Jip-Jip…………………en daarna. Heraangestel en terug in sy pos.

Stefaans ·

Ek het ‘n probleem met “klaringsertifikate”. Dit wil voorkom of ons hier praat van padwaardigheidsertifikate. Die lisensieskyfie staan bekend as ‘n klaringsbewys, Engels clearance certificate.
Wat sê Maroela?

Cornelius du Rand` ·

Die polisie verskaf ‘n uitklaringsertifikaat dat die voertuig nie gesteel is nie. Die padwaardigheidsertifikaat het niks met die polisie te doen nie. Dit word uitgereik deur die toetsstasies welke sommige in private besit is. Die berig is korrek.

Johann Marx ·

Ja, wat sê Maroela? Stefaans, die polisie kan nie “padwaardigheidsertifikate” uitreik nie? Dit word gedoen ‘n toets-sentrum van die Dept van Vervoer? Die sertifikaat wat hierdie polisieman uitgereik het is om te “verklaar” dat die voertuig waarna verwys word NIE gesteel of afgeskryf en oorgebou is nie, en dat dit in geen kriminele saak betrokke was nie?

Des ·

Stem saam met Theresa. Word nie net her aangestel nie maar kry ook bevordering vir dienste geleeer deur ‘n top lid.

melanie ·

Sal graag wil weet wie die motorhandelaar (verkoopsman) is want hy is net so skuldig want met hom wil ek tog nie besigheid doen nie. Die deler is mos net so goed soos die steler

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.