‘Korrupte stadsamptenare’ loop hul rieme styf

Johannesburg. Argieffoto

Twee mans wat vir City Power in Johannesburg werk doen, sal Donderdag in die hof verskyn nadat hulle na bewering omkoopgeld by ʼn inwoner geëis het in ruil daarvoor dat sy elektrisiteit nie afgesny word nie.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê die twee beskuldigdes werk vir ʼn diensverskaffer wat deur City Power gekontrakteer is om elektrisiteitsafsluitings te doen.

Volgens Mangena het die twee mans ʼn inwoner van Wilropark in die weste van Johannesburg genader. Hulle het hulself voorgestel as stadsamptenare en glo aan die inwoner gesê sy elektrisiteitsmeter behoort aan ʼn huis in Ruimsig en dat hy eintlik ʼn driefasemeter moet hê.

“Die verdagtes het glo gedreig om die inwoner se kragtoevoer af te sny indien hy nie R6 500 aan hulle betaal nie,” sê Mangena.

Die inwoner het egter op sy voete gedink en ingestem om die omkoopgeld te betaal. Hy het die mans versoek om later die dag terug te keer om die kontant te kom haal. “Die inwoner het daarna die stad se forensiese ondersoekspan in kennis gestel wat saam met die SAPD gewerk het om ʼn lokval te stel. Toe die werknemers gistermiddag by die huis aankom om die geld te kom haal, is hulle in hegtenis geneem,” sê Mangena.

Hy het ʼn beroep op inwoners gedoen om versigtig te wees vir mense wat hulle probeer uitbuit en enige korrupte aktiwiteite by 0800 002 587 of [email protected] aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ander Annie ·

Dit gebeur baie in Tshwane ook. Hulle sny die krag af en dan gaan klop hulle aan die deur. As die persoon oopmaak en hulle geld in die hand stop, dan sit hulle weer die krag aan. Dit gebeur veral by woonstel blokke.

Johan H. ·

Wat van die groot visse, zumas,mbetes.hloendai,jiba,molefe,mduli,,sorrie, teveel om op te noem. Sien is natuurlik glo!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou hoe kry ek die “korrupte munisipaliteit” agter tralies? Hulle stuur vir my ‘n rekening vir elektrisiteitsverbruik…….vir 12 maande nadat hulle vir my ‘n voorafbetaalde meter ingesit het!!! Verlede jaar vervang hulle my watermeter DRIE KEER…..en die derde keer sit hulle die ou meter terug wat hulle heel eerste uitgehaal het………..en vertel vir my ek het in Desember R29 000,00 se water verbruik? Hulle lees geen meters nie, lees meters wat nie bestaan nie, lees watermeters wat verwyder is…….sit op jou rekeningstaat NET WAT HULLE WIL……..en as jy nie betaal nie? Dan word JOU DIENSTE AFGESNY!!! Waar sny ek hulle dienste af vir swak administrasie??

Daan Erasmus ·

Daar is 2 korrupte gevang. Word wakker daar is nog 2 miljoen korrupte en /of net te lui om te werk. En dan die dink hul doen jou ‘n guns.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.