‘Korrupte Tshwane-kontrak gaan Pretorianers nóg R400 m. kos’

Foto: enca.com

Foto: enca.com

Die ooreenkoms rakende voorafbetaalde elektrisiteitsmeters gaan Pretorianers na raming ʼn verdere R400 miljoen uit die sak jaag.

Volgens AfriSake was dit die kern van vandag se mediakonferensie oor die skikkingsooreenkoms tussen die Tshwane Metro en PEU Capital. “ʼn Sesmaande-oordragperiode, waartydens daar ʼn verdere kommissie van 9,5% aan PEU Capital betaal gaan word, sal sowat R400 miljoen beloop,” het Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof van AfriSake, gesê.

Volgens hom dié bedrag bykomend tot die meer as R800 miljoen wat reeds deur die kontrak vermors is. AfriSake se regspan het reeds die skikkingsooreenkoms aangevra vir ondersoekdoeleindes.

Volgens Janse van Rensburg het Tshwane se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, erken dat daar nie ʼn tenderproses vir die elektrisiteitsmeters was met die aanstel van PEU Capital nie. “Hy het verder geïmpliseer dat die tenderproses onnodig was, hoewel daar geen regsgeldige rede vir die afwyking van voorgeskrewe tenderprosedures is nie. Dit is duidelik dat Ramokgopa sy administrasie verhewe ag bo munisipale, provinsiale en nasionale wetgewing.”

Janse van Rensburg het gesê die stadsraad gaan in die volgende ses maande ʼn nuwe tenderproses uitrol. “PEU Capital sal aan die stuur van administratiewe prosesse bly totdat die suksesvolle tenderaar die bestaande 14 000 elektrisiteitsmeters by hulle oorgekoop het. Ondanks hierdie besluite, bestaan die vermoede dat die uiteinde van die tenderproses net weer ʼn PEU-aanstelling gaan wees. Die bestaande kontrak kom op 30 Junie 2015 tot ʼn einde.”

Volgens Janse van Rensburg sluit verdere verwikkelinge Jason Ngobeni, die munisipale bestuurder, se aankondiging in dat die munisipaliteit ook beplan om watervoorsiening op soortgelyke voorafbetaalde meters te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hesta ·

Wat ‘n GROOT gemors!! Ons het so meter en betaal driekeer meer vir elektrisiteit as voorheen. By verskeie geleenthede was ons, met kn positiewe balans by hulle, sonder krag. Dis so ongelooflik frustrerend!! Hulle laat ons goue eiers lê tort die gans eendag nie meer KAN lê nie. Hoe meer ons vra om die meter te verwyder hoe meer is ons tussen beurtkrag en al sonder krag. Die burgermeester het baie mooi broodjies op Jacaranda gebak – almal so ongelooflik skelm. Kan Afrforum nie iets aan die saak doen nie?

Peet Schabort ·

Ja-nee hulle reken dit is so eenvoudig soos om straatname te verander.
Hierdie slag het slim sy baas gevang.

Pieter G ·

Maak gerus Vrydag en Saterdag ‘n draai by ‘Kragdag’. Ek is tans besig om my huis om te skakel na sonkrag, batterye en omskakelaar. Dit is nie meer so duur as wat mense dink nie, en teen die gemiddelde R3000 wat ek tans maandeliks aan die Misrabelieteit moet betaal vir krag, gaan ek die belegging in my eie huis binne twee jaar terug verdien/spaar. Ons moet almal loskom van Eskom en die Munisipaliteite wat basies elektrisiteit voorsienning misbruik om ons te beroof!

Hein ·

Ek is ook tans besig met dieselde proses. Die omskakeling is regtig duur en mense moet twee maal dink voordat hulle koop. Gaan na Kragdag en win inligting in. Moenie voor die voet koop nie. Batterye is die baie duur ding om te koop en goeie beheerstelsel wat die battery laai is baie belangrik. As jy dit nie doen nie hou jou batterye nie eers twee jaar nie. ‘n Goeie begin is om jou huis se verbruik eers af te skaal waar jy ten minster onder 5KVA inverter benodig. Maar gaan maar na Kragdag, maar koop versigtig…

H ·

Ons is nie die naweek hier nie! Kan jy dalk kontakbesonderhede verskaf van dit wat die moeite werd gaan wees om in te investeer?

neelsie ·

Almal kan nie kragdag bywoon nie.
Waar kry ons inligting oor kragbesparing en omskakeling na alternatiewe krag.?
Waar begin mens?
Hoe begin mens?
Dankie vir inligting.

Delia ·

Ek het gaan Google…..
KragDag, Rhenostersfontein 514,
Gedeelte B, Cullinan Distrik, 1001.
Tel: 087 231 1644
Hoop dit help…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.