Kort besoektyd nou in Gautengse staatshospitale toegelaat

Argieffoto van die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg. (Foto: GCIS)

Pasiënte van staatshospitale in Gauteng sal nou toegelaat word om een besoeker per dag te ontvang. Besoektyd word egter tot 15 minute beperk.

Die provinsiale departement van gesondheid het Dinsdag dié verandering in sy hospitale se besoektye aangekondig nadat besoekers maande lank weens die Covid-19-pandemie verbied was.

Kwara Kekana, woordvoerder, sê die aangepaste besoektye sal pasiënte se familie en vriende in staat stel om by hul geliefdes in die hospitaal te kuier terwyl hulle steeds aan Covid-19-veiligheidsmaatreëls voldoen.

Besoekers se temperatuur sal voor die besoeke geneem word en almal sal vir moontlike simptome van Covid-19 gesif word.

Kekana sê familielede moet ook die kontakbesonderhede van die betrokke saal waar ʼn pasiënt behandel word bekom sodat hulle kan bel om inligting oor ʼn geliefde se toestand te kry, eerder as om die hospitaal self te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jo-Anne ·

Te laat vir my, het weke terug n naaste aan dood afgestaan in hospitaal, kon hom nie groet nie.

Alleen Wolf ·

So die virus dra eers na 15 minute oor, nog ‘n belaglike ondeurdenkte reel

Hardekwas ·

Dit gaan nie oor die virus nie, maar om mense fie geleentheid te gee om hul siek familielede te besoek.

Barney ·

Uiteindelik na maande se baklei sal familie lede nou sien hoe hul geliefdes medies nalatig behandel word. Nou kan die hof sake begin om dokters tronk toe stuur vir mediese nalatigheid en Jan publiek kan vergoeding kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.