Kortlys bekend gemaak vir inspekteur-generaal van intelligensie

Argieffoto (Foto: 422737, Pixabay)

Argieffoto (Foto: 422737, Pixabay)

Die parlement se intelligensiekomitee het Dinsdag die lys van 10 kandidate bekend gemaak om die vakante pos van inspekteur-generaal van intelligensie te vul.

Clinton Davids, Isaac Dintwe, Jay Govender, Smanga Jele, Andile Kilifele, Petrus Nchabeleng, Nhlanhla Ngidi, Nhlakanipho Mkontwana, Nyelisali Tshitereke en Bruce Watson is uit ʼn lys van 17 genomineerdes deur lede van die parlement gekies.

Cecil Burgess van die ANC was ook op die lys van genomineerdes, maar die regerende party kon twee keer nie genoeg stemme in die nasionale vergadering kry om sy aanstelling te beklink nie.

Die ANC het in Mei ʼn laaste poging laat vaar om sy aanstelling deur die parlement te stoomroller, nadat dit duidelik was dat die party nie enige ondersteuning van opposisiepartye kon bekom om die bykomende 18 stemme in te win nie. Die komitee is aangesê om van voor af met die proses te begin.

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag beswaar aangeteken dat Burgess op die kortlys bygevoeg is, en die ANC het nie sterk teenkanting gelewer nie.

Die inspekteur-generaal van intelligensie is die burgerlike waghondliggaam wat oorsigtelik optree in die intelligensie-gemeenskap. Die pos is al twee jaar lank vakant sedert Faith Radebe dit verlaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

John ·

Spaar ons uit. Nog ‘n maatjie in die ANC se lekker knapsak…

Scalla ·

Kortlys is n klug, besluit klaar geneem deur zuptas en kie

Veritas ·

Die pos is al twee jaar vakant en dit het nog geen verskil gemaak aan die (on)doeltreffendheid van die ‘waghond-liggaam nie. Dit is darem ‘n indrukwekkende titel vir iemand wat nie eers regtig gemis is vir twee jaar nie.

Nel ·

Het die staat sowaar ‘n intelligensiekomitee – wys jou net intelligensie is geen waarborg teen onnoselheid nie!

Dan ·

Is dit moontlik dat ons die keer een kan kry wat wel intelligent is ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.