Kortlys vir nuwe SAUK-raadslede begin binnekort

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die proses om ʼn nuwe permanente raad vir die SAUK aan te stel, sal soortgelyk wees aan die proses wat gevolg is om ʼn nuwe openbare beskermer aan te stel.

LP’s sal die CV’s van 363 aansoekers bestudeer en ʼn kortlys van 36 saamstel. Dié proses begin op 22 Augustus.

LP’s het ooreengekom dat die CV’s van die kortlyskandidate daarna op die parlement se webwerf gepubliseer sal word. Lede van die publiek en burgerorganisasies sal vyf werksdae hê om kommentaar te lewer.

Die kortlyskandidate sal daarna gekeur word en hul akademiese kwalifikasies sal bevestig word. LP’s het gesê hulle wil nie weer ʼn herhaling sien van dit wat in 2014 gebeur het, toe dit aan die lig gekom het dat Ellen Tshabalala, die voormalige SAUK-voorsitter, oor haar akademiese kwalifikasie gejok het nie.

Onderhoude met kandidate sal oor drie dae plaasvind en dit sal na verwagting regstreeks uitgesaai word.

Alhoewel daar nie enige datums bespreek is nie, sal LP’s die proses bespoedig, aangesien die tussentydse SAUK-raad se termyn op 26 September verstryk.

LP’s oor die politieke spektrum heen het ooreengekom dat hulle gekwalifiseerde en hoë gehalte kandidate wil hê wat die SAUK kan dien.

Verskeie SAUK-rade is oor die jare heen ontbind weens onstabiliteit en bewerings van oortredings en politieke inmenging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Adam ·

Defnitief nie Johan. Deesdae is daar net ‘n kortlys wanneer hulle kortbroek-aanstellings wil maak. Ek glo jy is ver verhewe bo dit.

Leahim ·

Hoe kry ek my naam op die lys ek het net graad 4 op skool maar dis meer as Hlaudi

Johann ·

Is daar actually nog Zumaikies oor om díe hand pop poste te vat…bedoel vul? Ok ek bedoel te vat wat hulle wil om hul eiensakke te vul…ANC en ZUMA se persoonlike propaganda masjien!

Johann ·

Is daar actually nog Zumaikies oor om díe handpop poste te vul namens die ANC en ZUPTOPIA se propaganda masjien? En hulle gaan seker verniet moet…steel? SIRKUS!!!!!

Sarie ·

Ek het ook kwalifikasies, EN sertifikate (sal in my guns tel). Sommer by die huis gedownload, geprint en lamineer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.