LP’s het Dinsdag eenparig besluit op 15 name vir ’n kortlys van kandidate wat vir onderhoude moet gaan vir posisies op die SAUK se raad.
Verskeie van die verskillende politieke partye se LP’s wat op die portefeuljekomitee vir kommunikasie dien, het dieselfde name voorgestel. Dit sluit die name in van lede van die huidige interimraad, naamlik Khanyisile Kweyama, Mathatha Tsedu, Krish Naidoo, Febe Potgieter-Gqubule en John Mattison.
Die interimraad is geloof vir die werk wat hulle doen om die geloofwaardigheid van die SAUK te herstel.
Daar kon saamgestem word op tien ander name wat ook op die kortlys gevoeg is. Dié name is:
– Nomvuyo Batyi
– Rachel Kalidass
– Thabiso Ramotso
– Kharidza Dzudzunga Rufus
– Michael Markovizt
– Willie Currie
– Govinsamy Reddy
– Deenadaylen Konar
– Harriet Meier
– Dawn Earp
Nog n raad nog dieselfde sauk niks gaan verander behalwe die feit dat ek n roofkyker gaan bly