Kortsluiting dalk rede vir brand by Potch-skool

Foto: Mooirivier Beskerming

Foto: Mooirivier Beskerming

Die brand wat Maandagaand die grootste gedeelte van die Hoër Volkskool Potchefstroom se seunskoshuis verwoes het, is vermoedelik deur ʼn elektriese kortsluiting veroorsaak.

Daar is vroeër berig ʼn brand het omstreeks 20:15 by die Jack Pauw-seunskoshuis op die skoolperseel uitgebreek. Niemand is in die voorval beseer nie.

Elias Malindi, woordvoerder van die Noordwes-onderwysdepartement, het aan Maroela Media gesê afgevaardigdes van die departement asook die LUR is tans op die toneel om die voorval te ondersoek. “Dit lyk asof die brand op die koshuis se dak begin het, vermoedelik weens ʼn elektriese fout,” het hy gesê. “Die gedeelte van die koshuis waar die seuns se kamers geleë is, is verwoes.”

Malindi het gesê die leerders word intussen by die Elgro-hotel op die dorp gehuisves totdat die departement ʼn langtermyn-oplossing kan bewerkstellig. Die departement sal ook onmiddellik gebeurlikheidsplanne gereed kry nadat die meeste leerders se handboeke in die brand verwoes is.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is in hierdie stadium nog geen saak by die polisie aangegee nie, maar die polisie sal die voorval ondersoek.

ʼn Woordvoerder van die skool het alle navrae na die departement verwys en gesê die skool is gevra om nie met die media te praat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Morne MacCallum ·

Eintlik is dit Jack Pauw. . . En as Oud Leerling en koshuis van Jack Pauw Se C & A Blokke Wil ek my innige simpatie met die skool toe dien. En die Volgnde se: Whe’re Jack Pauw, Whe’re Jack Pauw. . . Whe’re Far away from home, Whe’re Highly Bevoetered So leave us alone, . . . We drink when whe’re thirsty , we Drink when its dry. . . We drink Lion Lager. . . So Bugger off and DIE. . . . Still remember it..

Francois van Zyl ·

Ai hartseer. Ek was in die koshuis 1969-70. My Pa wat vanjaar 100 jaar oud sou wees was ook leerling daarso toe Jack die skoolhoof was. Dit is baie ou gebou wat ongelukkig weens die baie hout in die dak net gewag het vir iets om te gebeur. Berig sê nie of dit A of C blok is nie. Neem aan dis A blok waar groot deel deur die koshuisvader beset was. Onvervangbare stuk geskiedenis uit my en my Pa se jeug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.