Kos aan Solidariteit-lede wat swaarkry weens voortslepende mynstaking

aartappel

Kospakkies wat uitgedeel gaan word. Foto’s: Reint Dykema

Solidariteit Helpende Hand sal Donderdag tydens ’n uitreikaksie in Mooinooi, Noordwes, kos aan Solidariteit-lede uitdeel.

Die organisasie het die platinumgordel tot ʼn gedeeltelike rampgebied verklaar vanweë die staking wat drie maande gelede by platinummyne begin het. Die rampgebied sluit onder meer die dorpe Rustenburg, Brits en Mooinooi in.

Solidariteit-lede sal ook die jongste inligting oor die stand van die staking en onderhandelinge ontvang, terwyl Helpende Hand sy tienpunt-aksieplan sal aankondig om aan lede optimale bystand te bied. Elke gesin sal ’n 24 kg-kospakkie en ander vars produkte ontvang en die geleentheid gebied word om vertroulik toegang tot emosionele- en skuldberading te kry.IMG_8547

“Inwoners van Rustenburg, Brits en Mooinooi is op hul knieë gedwing deur die finansiële gevolge van die voortslepende staking by myne in die platinumgordel,” het Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, gesê. “’n Toonbeeld van die dringende nood is skole in die gebied wat hul bestaande voedingskemas drasties moes uitbrei, ’n hoërskoolseun wat tydens ’n rugbyoefening flou geval het nadat hy dae laas geëet het en ’n mynwerker wat selfmoord gepleeg het weens die finansiële druk.”

Solidariteit se lede staak nie, maar duisende gesinne ervaar nogtans ernstige finansiële nood aangesien beide werknemers en kontrakteurs sedert die begin van die staking min of geen inkomste verdien nie.

ʼn Rampfonds waartoe Helpende Hand reeds R100 000 bygedra het, is gestig om Solidariteit se lede by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sumo ·

Wat ‘n pragtige gebaar. My hart gaan uit na elke persoon hierdeur geraak.

Ek het egter geen simpatie met diegene wat WIL staak nie. Dit is inderdaad so dat daar mense is wat wil werk, maar in so mate geintimideer word, dat hul lewens bedreig word.

charmaine ·

Ai wat word van die land as dit so gaan egstellende aksie op n ander manier dankie vir mense soos solidariteit se helpende hand julle is tops!!!!!!!!!!

Madelein ·

Daar is fondse vir amcu lede daar is fondse vir Solidariteit, wat het Uasa tot dusver vir ons gedoen? Net mooi niks, maar ons betaal unie gelde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.