Kos-afleweraar vas wat vrou glo verkrag

Mr D Food. Foto: Maroela Media

ʼn Man wat as kos‑afleweraar vir Mr D Food gewerk het, sal binnekort in die hof verskyn nadat hy op ʼn aanklag van verkragting in hegtenis geneem is.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, is die 43-jarige man vroeër die week in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ʼn 26-jarige vrou Vrydagaand. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Die Daily Voice het vroeër berig die voorval het glo Vrydagaand by ʼn huis in Wynberg plaasgevind. Die vrou het die kos-afleweraar glo in haar huis laat inkom sodat sy geld kon kry om vir die kos te betaal. Hy het haar toe glo oorval en verkrag.

Volgens Mr D Food, ʼn maatskappy wat kosbestellings by restaurante afhaal en by klante se huise aflewer, het hulle onmiddellik opgetree toe hulle van die beweerde voorval verwittig is.

“Die betrokke persoon is onmiddellik geskors en ʼn deeglike interne ondersoek is begin wat daartoe gelei het dat die bestuurder se kontrak beëindig is en hy aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig is,” het Devin Sinclair, uitvoerende hoof van Mr D Food, gesê.

Volgens Sinclair is hulle steeds in aanraking met die beweerde slagoffer en haar familie en verskaf hulle die nodige ondersteuning. “Ons gaan ook voort om nou saam met die polisie te werk en verskaf al die nodige inligting om hulle met die ondersoek by te staan.”

Sinclair het gesê hulle beskou die beweerde voorval in ʼn baie ernstige lig en dat hulle enige vorm van misdaad of geweld ten sterkste veroordeel.

“Ons wil graag ons klante verseker dat ons ʼn beleid van geen verdraagsaamheid het vir enige vorm van kriminele aktiwiteite en dat hul veiligheid ons hoofprioriteit bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

anton ·

Ja nee, in die land word enige dick tom en harry mos aangestel sonder behoorlike agtergrond navorsing(Back round checks)
En verwat laat sy hom in die huis inkom? Het mense nie meer verstand nie?

Deloris ·

Punt bly staan…
Jy laat geen Vreemdelingntoe in jou huis nie Punt.

Grens ·

Deloris, nou wat van plumber, of elektrisien wat dringende werk vir jou moet kom doen in jou huis? Gaan jy hulle ook nie toelaat, punt.

Nettie ·

Ek stem saam, Deloris. As jy vrou-alleen in jou huis is, laat jy NIEMAND in jou huis toe nie, nie eens die (verál nie) Staatspresident nie …. Selfs al laat jy in jou huis werk – sorg dat daar iemand by jou is. Mens kan niemand deesdae meer vertrou nie – nie eens die Polisie nie.

PTA Seun ·

Het Mnr D die nodige “background checks” gedoen voor hulle mense aanstel. Het hulle die persoon persoonlik ontmoet. Is daar gekyk vir vorige kriminele rekords?

Jan ·

In vandag se tyd dink ek dit is BAIE noodsaaklik dat elke liewe werkgewer, moet aandring tot ‘n Police Clearance Certificate voordat hulle enige iemand aanstel. Dis ongelukkig die realiteit.

Gerda ·

Eers het uber jou beroof en verkrag en nou Mr D…..ai Kan mens nêrens n greintjie vryheid beleef nie?!

Pikkewyne ·

Wanneer sal mense tog ophou die slagoffer blameer asof hulle gestuur is uit die hemel on te oordeel en begin die kriminele verantwoordelik hou vir hulle dade??

wraggies ·

Nou die dag iets gelees oor hierdie Mr D drywers wat bromponies ry in Kaapstad, te doen gehad met hulle veiligheid en ongelukke op die paaie. So te se almal met wie die verslaggewer gepraat het was immigrante en dit kom voor asof hulle meestal onwettig in die land was.

Dedrik ·

Die bestuurder is afgedank? Hulle bedoel seker die drywer (kos afleweraar) is afgedank?

Safety Gate ·

Hier is n wenk – hou jou veiligheidshek gesluit en neem jou kos deur die hek aan. As jy nie kan nie vra hulle moet dit net op jou stoep los of deur n venster met diefwering aangee. Ek maak baie so. Nog nie probleem gehad nie. Ek laat ook my Jack Russell lekker blaf en skree sommer kamer se kant toe “Die kos is hier ek bring vir jou” sodat hulle dink daar is nog mense in die huis. Sterkte aan die dame. Ai dis bitter sleg :(

jaco ·

Mr Delivery doen GEEN background checks nie. Selfs onwettige buitelandse immigrante kry werk daar, sonder dat gevra word vir werkspermitte, verblyfpermitte ens. Ek het daar gewerk. Ek weet wat daar aangaan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.