Kosbare gesteelde viool teruggekry

Dié waardevolle viool is uit ‘n musikant se huis in Centurion gesteel. (Foto: Verskaf)

Gerhard van der Merwe, ’n musikant en musiekonderwyser van Centurion, het sy kosbare viool teruggekry nadat dit uit sy huis gesteel is. Van der Merwe was verpletter toe hy die dag ná Kersfees by die huis kom en sien sy unieke viole en etlike ander musiekinstrumente is gesteel.

Groot was dié 27-jarige musikant se blydskap toe hy verlede week Dinsdag verwittig is sy viool is gevind.

“Ek was die oggend besig om gereed te maak vir my eerste musiekles toe ’n man my bel en sê hy het my viool,” vertel Van der Merwe.

Die inbrekers het glo dié gesteelde goedere aan ’n plaaslike pandjieswinkel verkoop.

Die viool wat gesteel was, is een van die laaste viole wat in die 1800’s deur die vioolmaker Enricus Cerutin in Italië gemaak is. Die viool is duisende rande werd en hy het hom in matriek by sy ouma as geskenk gekry. “Die man wat my gebel het, het die viool vir R350 by dié pandjieswinkel gekoop. Hy het die Dinsdag vroegoggend wakker geskrik en gevoel iets aan sy nuwe viool is nie reg nie. Hy het aanlyn begin snuffel en op ’n berig oor my gesteelde viool afgekom. Dis toe dat hy my gebel het,” vertel Van der Merwe, wat steeds nie kan glo dat hy wel sy viool teruggekry het nie.

“Ek het nog nooit so hard gehuil soos die dag toe my viool weg is nie. Toe ek hom teruggekry het, het ek inmekaar gesak, maar dié keer gehuil van blydskap.”

Die inbrekers het by Van der Merwe se musiekateljee in sy huis ingebreek en sy viool en talle ander instrumente, waaronder ses ander viole en ʼn klawerbord, ook gesteel. Die diewe is ook fort met ’n skootrekenaar, TV’s en sy hele opnamestelsel.

“Hulle het slegs ’n strykyster en strykplank uit die kombuis gesteel. Hulle het een van my koekies gehap en die res daarvan langs die ketel neergesit.”

Van der Merwe het intussen die polisie in kennis gestel van die diefstal. Die res van die instrumente is óók by die pandjieswinkel aangetref.

Die pandjieswinkel het vingerafdrukke en identiteitsdokumente van die inbrekers asook hul gesigte op video vasvang toe hulle die gesteelde goedere verpand het. Van der Merwe het reeds sy viool by die polisie gaan afhaal, maar sy ander gesteelde instrumente is steeds by die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Blommie ·

Wonderlik om te sien daar is nog eerlike GOEIE mense in ons land…
Eki hetso rukkie trug verby n selfoon gedraf en twee blokke gehuiwer of ek hom moet optel of nie. Maar het toe die foon opgetel, gelaai en die eerste nommer wat ek kon sien gebel het, trug gebel! Vind toe uit dis n seun wat saam my seun in n klas is se telefoon in Rustenburg. Wys net hoe klein die wereld is en dat alles die moeiete werd is!

Poplap ·

Ek het nou ook trane van blydskap gehad. Toe ek di vorige berig gelees het vd diefstal, was ek geskok maar ok moedeloos soos jy. Ek kan ok ni glo dat hierdi wonderwerk plaasgevind het en dat jy op di end al jou instrumente sal terug hê. Wonderlike nuus

jaco ·

Wat maak die polisie met die ander Instrumente? Speel hulle daarop of verkoop hulle dit ook later?

Cherokee ·

Jy weet mos dit dien as getuienis.

Daar is meer mense vir wie dankie gesê moet word. Nie slegs die koper van die viool nie maar ook die pandwinkeleienaar vir die deeglike werk wat gedoen is om identikits in te samel.

Sonja ·

Seker wou dit deel uitgemaak het van Maponya se begrafnis!!Polisie het mos n orkes ook! LOL

Jan ·

Daai koekie moes seker vrek sleg gewees het? Maar alle grappies op ‘n stokkie, baie bly oor die mooi einde aan die storie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.