Koshuis-dood sal ondersoek word

Rhodes-Universiteit

Rhodes-Universiteit

Rhodes-Universiteit het Saterdag bevestig hy sal ondersoek instel nadat die liggaam van ʼn student en ʼn man die oggend in ʼn koshuiskamer by die universiteit opgespoor is.

Die liggame van die man en Amanda Tweyi (21), ʼn tweedejaar B.Sc.-student aan die universiteit, is Saterdagoggend in ʼn kamer by Cullen Bowles-manskoshuis opgespoor. Tweyi is van Rosa Parks-koshuis.

“Die man is nie ʼn Rhodes-student nie,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê. “Sy teenwoordigheid op die kampus sal ondersoek word.”

Die polisie in die Oos-Kaap het gesê die man het ʼn skietwond in sy kop gehad. Hy het vermoedelik homself geskiet. Geen sigbare beserings is op die vrou se liggaam teenwoordig nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal, het lt. Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie, vroeër gesê.

Tweyi en die man is glo al twee van King Williamstown. -SAPA

Lees ook:
Twee dood aangetref in koshuiskamer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.