Amanda Tweyi (21) wat Saterdagoggend saam met ʼn 34-jarige man dood aangetref is in ʼn koshuiskamer by Rhodes-Universiteit in die Oos-Kaap, is glo ook geskiet.
Lt. Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het Saterdag gesê Tweyi het nie enige sigbare beserings opgedoen nie.
Dr. Saleem Badat, vise-kanselier van die universiteit, het in ʼn verklaring gesê Tweyi en die persoon wat haar vermoedelik geskiet het, was glo óf steeds in ʼn verhouding óf besig om die verhouding te verbreek.
Tweyi en die man is Saterdagoggend omstreeks 06:00 in ʼn kamer in Cullen Bowles-manskoshuis aangetref. Tweyi, ʼn tweedejaar B.Sc.-student, was ʼn inwoner van Rosa Parks-koshuis. Die twee persone is al twee van King Williamstown.
“Die man wat haar glo doodgeskiet het, het daarna selfmoord gepleeg deur homself in die kop te skiet,” het Badat bygevoeg. “Dit is dus nie ʼn geval van ʼn onbekende persoon wat eenvoudig net in ʼn koshuis ingestap het en ʼn student vermoor het nie.”
Die universiteit het vroeër bevestig dat hy die voorval sal ondersoek. “Die ondersoek sal ook die teenwoordigheid van die persoon op die kampus, wat me. Tweyi doodgeskiet het, in. Die ondersoek moet bepaal hoe die persoon toegang bekom het tot Cullen Bowles-koshuis,” het Badat gesê.
Lees ook:
Koshuis-dood sal ondersoek word
Twee dood aangetref in koshuiskamer
VRAAG : –
Is daai ding waaroor prinse op hul eie swaarde val, of konings hul trone abdikeer ( of honde mekaar verskeur )….werklik SOOO onmisbaar dat jy nie net doodeenvoudig bloot daarvan kan wegstap nie?
Smaak my die liefde is vir sommige inderdaad ‘n wondersoete ( en onoorbrugbare ) ding ?
Gelukkig bring ouderdom wysheid. Wysheid insig wat bg optrede tot sotheid verklaar. Ai ai ai.