Koshuis-moord: ‘Dit is pynlik en baie hartseer’

Zolile (Zoe) Khumalo (Foto: Sthembele Zolile, Facebook)

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het haar medelye betuig ná die dood van Zolile Khumalo (21), ʼn student aan die Mangosutho- Universiteit van Tegnologie (MUT) in Durban. Khumalo is Dinsdagaand by dié universiteit doodgeskiet. Sisulu is ook kansellier van dié universiteit.

Sisulu het haar medelye betuig teenoor die Khumalo-gesin en die hele universiteitsgemeenskap.

Maroela Media het vroeër berig Khumalo, ʼn bourekenaarstudent in haar eerste jaar, is Dinsdagaand by die Lonsdale-koshuis doodgeskiet.

“Ek voel diep simpatie vir haar ouers, familie en vriende. Dit is pynlik en baie hartseer. Ons moet meer doen om vroue te beskerm wat vermoor word deur hul vriende of voormalige vriende,” het Sisulu gesê.

Die minister het verder gesê sy vertrou dat die regsowerhede die nodige stappe sal doen en ʼn duidelike boodskap sal stuur dat Suid-Afrikaners moeg is vir sulke sinnelose moorde en dit nie sal duld nie.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn voormalige student, 23 jaar oud, het die koshuis besoek en Khumalo toe geskiet.

Die man is op die toneel in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die hof verskyn. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie, het Zwane gesê.

MUT het die voorval bevestig en gesê die universiteit, studente en personeel is geskok oor die gebeure.

Maroela Media verneem Khumalo en die man wat gearresteer is, was vroeër in ʼn verhouding en sy het glo al die afgelope twee weke probeer om die verhouding te verbreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

WillieN ·

Tragies. In haar eerste jaar of in sy eerste jaar. Foto is vroulik?

Eish ·

Die foto is vroulik tog praat julle van ‘n student wat in SY eerste jaar is??

Tania Heyns ·

Dagsê Eish

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Farmie ·

Dit is baie tragies, maar die minister kan altyd medelye teenoor familiemoorde uitspreek maar NOOIT teenoor plaasmoorde nie. EK sal nie OPHOU totdat daaraan aandag gegee word nie.

Jacques ·

Ek wil net graag weet of mev sisulu nog steeds dink die landsburgers is wetsgehoorsame burgers ?

Corrie Reichert ·

‘n Kind het haar lewe weereens verloor oor n jaloerse ex. Dis absoluut onaanvaarbaar dat vroue so behandel word in die land. Enige een wat dood maak moet lewens lange tronk straf kry. Wanneer gaan ons ooit weer veilig voel. My innige meedelye met die familie en ander student wat die trauma moes ervaar. Rest in Pease Zolile.

Casper Labuschagne ·

Is dit nie vreemd dat sulke goed nooit in die ou dae gebeur het nie? Of is dit al weer ek wat op my oudag alweer my rassisme laat deurskyn?

geregtigheid ·

Toe ek in die vroeg 70’s op Tuks was, was so iets totaal ongehoord.

Johann ·

Ja Sisulu. Jou selektiewe empatie en simpatie word van kennis geneem. En die moord en verminking en marteling van blanke plaas mense? Of ontken jy dit as deel van JOU SA wat beskaafd en veilig is? Maak my SIEK om te dink wat jou werklike motivering in JOU swart reenboog land is? SHAME ON YOU!!!!! SHAME!!!!!!!!

Janneman ·

Haar uitsprake is inderdaad vreemd Johann,:

* sy spreek haar uit teenoor 1 persoonlike moord maar ignoreer 180 plaasmoorde/jaar
*internasionale betrekkinge, los sy af as polisie minister? Voel sy vir die res van die vroue
en kinders wat barbaars verkrag en vermoor word in die land?
*Hulle is moeg vir sinnelose geweld en sal dit nie duld nie? Regtig? So wat is die plan?

marlene ·

Ek stem, ons blankes word ook vermoor en aangerand, maar geen minister sal ons families besoek of simpatie betoon nie. Of is dit dat ‘n wit lewe nie meer saak maak in die land nie? Dis tragies dat ons so vermoor word en niemand lig ‘n woord daaroor nie. Wat van die plaasmoorde, niemand gee om nie. Ons moet saamstaan, iewers moet ons wen, dit kan nie so aangaan nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.