Koshuismoord: Kêrel glimlag in hof vir kameras

Thabani Mzolo. Foto: ANA.

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Zolile Khumalo (21) doodgeskiet het, het herhaaldelik gelag toe hy Donderdag in die beskuldigdebank van die Durban-streekshof verskyn het.

Khumalo, ʼn student aan die Mangosutho- Universiteit van Tegnologie (MUT) in Durban, is Dinsdagaand doodgeskiet in die koshuis waar sy gewoon het.

Thabani Mzolo (23), in ʼn denimbroek en maroen baadjie geklee, het onaangeraak voorgekom deur die gebeure en die feit dat daar sowat 600 studente buite die hof bymekaargedrom en geregtigheid vir Khumalo geëis het.

Mzolo was glo vroeër in ʼn verhouding met Khumalo. Hy word nou daarvan beskuldig dat hy haar verskeie kere geskiet het.

Mzolo was glo in 2017 ʼn student by MUT, maar het na bewering vanjaar nie meer studeer nie en toegang tot die koshuis verkry via ʼn ander student voor hy Khumalo geskiet het.

Thabani Mzolo (23), in ʼn denimbroek en maroen baadjie geklee, het onaangeraak voorgekom deur die gebeure en die feit dat daar sowat 600 studente buite die hof bymekaargedrom en geregtigheid vir Khumalo geëis het. Foto: ANA.

Die kwessie van veiligheid by koshuise is geopper en sommige studente het die instelling gekritiseer vir hul benadering tot studente se welstand.

Mzolo se aanvanklike bravade het gou getaan toe die hof vol joernaliste en fotograwe geskarrel het vir foto’s van hom. Hy het sy kop bedek met ʼn baadjie. Hy het die baadjie vinnig verwyder toe landdros Mohammed Motala die hof binnegekom het, en daarna gereeld vir die media geglimlag.

Studente in EFF- en ANC-klere het mekaar buite die hof getroos. Hulle het ongeduldig geraak toe almal van hulle nie in die hof toegelaat kon word nie.

Hulle het later na die groot groep polisiebeamptes buite die glasdeure geloop en probeer om by die gebou in te druk, maar vinnig die plan laat vaar toe die polisie vorentoe tree met rubberkoeëls.

Die saak is tot 10 Mei uitgestel. Mzolo het voor hy by die trappe na die aanhoudingselle afgestap het weer vir die kameras geglimlag, albei arms opgelig en handgebare gemaak wat soos vuurwapens gelyk het.

In ʼn ander onverwante saak is Sandile Mantsoe vroeër Donderdag tot 32 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis vir die moord op Karabo Mokoena.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annie ·

Los hom vry en laat al daai.studente hom reg sien. Hy gaan nie vir lank lag nie . 5 minute en hy lag nie meer nie. Lae gemene suurstof dief. Hoop hy kry hel.elke dag in tronk.

GM ·

Dis die kultuur wat geskep is van ‘ek kan doen wat ek wil, ek gaan niks oorkom nie’, wat maak dat dit al hoe makliker vir kriminele is om net ‘n lewe te neem. Skiet ‘n meisie dood omdat sy jou nie wil hê nie. Hoe vol van jouself moet jy wees om so te kan ‘redeneer’?

jaco ·

as sy slagoffer wit was, sou ek sy glimlag in die hof kon verstaan, want dan sou hy weet hy gaan maklik loskom. Maar sy slagoffer was van sy eie ras, so daar le nog n harde stryd vir hom voor.

Lana ·

Lekker lag, Mzolo. Jy weet duidelik nie wat lê voor nie. Sleg gemors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.