Kospakkies glo in Ekurhuleni gesteel

‘n Vrou wag op ‘n kospakkie in Johannesburg (18 April 2020) (Foto: Jerome Delay)

Die Demokratiese Alliansie het Panyaza Lesufi, waarnemende LUR van maatskaplike ontwikkeling, versoek om dringend ondersoek in te stel na die beweerde diefstal van kospakkies uit ʼn stoor in Ekurhuleni. Die kospakkies vorm deel van Covid-19-verligting.

“Die DA in Gauteng het bewerings ontvang dat kospakkies, vir behoeftige persone in dié kritieke tyd, uit ʼn stoor by die Smart Angels-kleuterskool in Greenfields Wyk 8 in Ekurhuleni gesteel is,” het Refiloe Nt’sekhe, die DA se skadu-LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Sondag gesê.

“ʼn Vragmotor het Donderdagaand die kospakkies by die kleuterskool afgelewer vir inwoners van Greenfields Wyk 8. Die kospakkies sou die volgende dag versprei word onder die inwoners en is oornag gesteel.”

Nt’sekhe het gesê die inwoners, wat die kospakkies moes ontvang, is kwaad en gefrustreer omdat hulle met leë hande moes terugkeer huis toe nadat hulle die nuus ontvang het dat die kospakkies gesteel is. “Kospakkies het nou ʼn teiken geword vir misdadigers.”

Die DA sal die saak monitor om seker te maak dat geen steen onaangeraak gelaat word nie en dat diegene wat skuldig is, in hegtenis geneem en vervolg word.

“Die DA doen ʼn beroep op Lesufi om dringend die saak te ondersoek en seker te maak dat plekke, waar kospakkies gestoor word, veilig is en onder streng bewaring gehou word.”

Nt’sekhe het gesê die LUR moet ook ander hulpbronne beskikbaar maak om seker te maak dat dié inwoners hul kospakkies ontvang, omdat hulle desperaat is vir iets te ete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Die Wolf ·

Wat verstaan die mense nog nie! Om dit net toe te sluit sonder enige sekerheidsmaatreels?

Kobus ·

Skors die skoolhoof mnr Lesufi.Moet nogal se,u is besonder stil.Ek sou dink dat die regering tydens hulle beplanning sessie daaraan sou dink dat plundery by skole gaan plaasvind en dat die SAW getaak sou word om skole te beskerm.Maar helaas,die SAW mannekrag word gemors om eerder mense wat rondloop te vervolg.Wie is ons president se raadgewers? Kan ek my dienste gratis aanbied?

Willem ·

Die superman lesufi is deesdae stil. Die kos pakkies moet hy gaan soek by sy eie mense en dan hulle sommer skors. Hy ken die dril.

Michael 1 ·

Gelukkig vir ons sal die DA monitor en stappe neem maar die feit dat die kospakkies en alle hulp ras gedrewe is daarmee blyk die DA nie n probleem te hê nie ,ek wonder of die klomp bewus is dat Solidariteit die diskriminasie nou in die hof beveg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.