Soorte resepte:

Kospryse styg: Hiervoor betaal SA’ners meer

(Foto: Maroela Media)

Die jongste Household Affordability Index-verslag deur die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group (PMBEJD) voorspel dat huishoudelike uitgawes vanjaar met sowat 10% kan styg.

Dié indeks volg kospryse van 44 supermarkte en 33 slaghuise in Johannesburg, Durban, Kaapstad, Pietermaritzburg en Springbok.

Dit toon dat die totale uitgawes van ʼn huishouding se kosmandjie reeds tussen Maart en April vanjaar met 3,9% gestyg het. Dit sluit 44 verskillende items soos rys, melk, tee, groente, brood, konfyt en vleis in.

Hoewel daar items is waarvan die pryse in die laaste maand gedaal het, onder andere appels (-16%), lemoene (-16%), aartappels (-6%), tee (-4%), en polonie (-4%), het die oorgrote meerderheid van items se pryse gestyg.

Die grootste styging in prys wat opgemerk is tussen Maart en April vanjaar is dié van tamaties, waarvan die prys met 33% toegeneem het. Ander groot toenames in pryse was waargeneem by botterskorsies (19%), piesangs (16%), kookolie (14%), kool (13%), uie (12%) en wortels (12%).

Die gemiddelde maandelikse huishoudelike kosmandjie se prys het met R159,37 gestyg van R4 039,56 in Maart vanjaar tot R4 198,93 in April vanjaar. Die prys van dieselfde kosmandjie het in die afgelope agt maande (sedert September verlede jaar) met R342,59 (8,9%) gestyg.

Saam met die prysstyging van kositems, het ander kernuitgawes ook toegeneem. PMBEJD sê die koste van vervoer en elektrisiteit het sedert Maart verlede jaar tot Maart vanjaar met 5,8% (R251,42) toegeneem.

“As gevolg van die toename in die prys van elektrisiteit en vervoerkoste moes werkers sny aan die hoeveelheid kos wat hulle kan bekostig. Dit maak dat werkers meer skuld aangaan om die tekortkoming te vul,” lui die verslag.

Die totale maandelikse koste wat lae-inkomstehuishoudings moet betaal, waaronder uitgawes soos lugtyd, skoolgeld, persoonlikehigiëneprodukte en water, kom op ʼn totaal van R8 281,44 te staan.

“Dit is duidelik dat hierdie uitgawes ver verby die bekostigbaarheidskapasiteit is vir huishoudings wat op ʼn lae inkomste lewe. Huishoudings sny dan aan die soort en hoeveelheid voedsel wat hulle koop omdat hulle ʼn sekere mate van beheer daaroor het, en gaan skuld aan om die res van die uitgawes te dek.”

Volgens PMBEJD was die maandelikse kosmandjie in April vanjaar vir mense wat in Pietermaritzburg bly die goedkoopste (R 3 886,18), en die duurste vir mense wat op Springbok bly (R4 510,55). Die gemiddelde prys vir die vyf dorpe wat deel van die indeks uitmaak, is R4 198,93.

Die verslag toon dat 55,5% van mense steeds onder die armoededrempel leef en 25,2% van mense ook in ekstreme armoede leef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Roebs ·

Hhahaha ek moet met R1800 oor die weg kom vir kos ‘n maand en dis geen grap nie

koos ·

En dan kry jy die huidige regime, met hulle dik boude in die parlement, weermag en SAPS. Plenty kos, met die lyf van ‘n god (buddha). Hulle word gemaklik in hulle uitspattige poste gehou juis deur die wat met kleiner kosmandjies moet klaarkom. Pateties, daar is nie pille vir stupidgeit nie.

Yolandie ·

Dis mos nie ‘n verrrassing nie, alles raak net duurder!!! Mens wonder waar dit gaan eindig. Maar solank ons regerings amptenare hulle vet salarisse verdien is hulle nie besorg oor die gemiddelde S’afrikaner se stryd om te oorleef nie.

Kensy ·

Die lewe is baie duur en en oorlewing is vir meeste ‘n uitdaging.
Alhoewel ek min verdien… en ook my sent moet omdraai, Loof ek die Here vir n werk en n inkomste.
Suid-Afrika het die 3de hoogste werkloosheid persentasie in die wêreld.
Ek het ook iets om oor te klae… maar ek wil nie… uit respek vir al die ander mense wat dit nog moeiliker vind om kop bo water te hou.
Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees.

LD ·

Ek glo elkeen se bedrag van maandelikse uitgawes op kruideniers gaan verskil, afhangend van waar die persoon woon en natuurlik waar hulle hul inkopies doen. Ons is ñ gesin van 4 waarvan 1 kind skoolgaande is. My man is die enigste brood winner. Ons maandelikse uitgawes is tussen R3500 en max R4000 per maand. Dit sluit in, skoolgeld, kos, skoonmaakmiddels, toiletries, vleis, groente en lekkers vir die kinders. En ons het aan die einde van elke maand nog bietjie van als oor. Ons koop nie 2ply toilet papier nie maar die 2de besteʘ‿ʘ. Ons kyk waar ons koop, en soek winskopies! Dis die enigste manier hoe ons kan survive!

Janine ·

Ons kind se skoolgeld alleen is R1 650 p.m. Dis nie eens die vervoer heen-en-weer nie. Ook nie die ekstras elke maand vir afrolwerk ens. nie. So, tensy julle op pap en soya leef, en lappe vir ander maandelikse dinge gebruik, sien ek nie hoe jy als koop wat betref skoonmaakmiddels, vleis, ens nie. Bog.

Mieke ·

Janine. As jy nie anders kan nie, dan doen jy dit eenvoudig.

Fedup ·

This is just plain daylight robbery.
No one can afford groceries anymore.
It’s unacceptable to keep hiking prices.
Where will this end?

Cecilia ·

Alles styg met 5% maandeliks! D mense moet bietjie in Nelspruit kom navorsing doen. D laeveld verbou d beste vrugte maar ons betaal deur ons nek vir C-Graad gehalte. Probeer kos koop vir n kind wat intollerant is vir Wheat/Gluten/Lactose/Suiker/Rooivleis en d lys gaan aan. Daardie kos se kosteis n arm en n been want jy kry dit net by sekere apteke en winkels. En elke maand is dit net nog duurder.
As d brandstog op gaan. Siit al d winkels hul pryse onlmiddelik op alhoewel d stok op d rak voor d verhoging aangekoop is., maar as d brandstof pryse daal. Bly d winkels se pryse d selfde.
Maar dis snaaks d mieliepap en brood pryse bly d selfde.
Clover melk se koeie gee seker goue melk en eet goue gras as mens na d belaglike koste v Cloverprodukte.
D staat sal moet begin kyk en alle kospryse n limiet gee.

Blikkies ·

As dit by die pensionare kom praat julle nou van Groot Geld. Party van die pensionarisse verdien nie eers ‘n kwart van ‘n gemiddelde gesin se maandelikse kos mandjie nie! en van hulle moet nog na hulle geliefdes ook omsien. Wat nog van ander behoeftes vir die ou mense, medikasie, kos, verblyf, dan het hulle nog nie geeet nie. Ek het nie woorde nie.

Elize ·

Ja ek voel dit aan my bas. Ek kan nie begin verduidelik hoeveel beplanning daar in my kosmaak en koop in ‘n maand is om my huisgesin te kan voer nie. In hierdie land is daar net ryk en arm. Geen middelklas meer nie.

Piet parys ·

Gaan kyk op die mark wat kry die boer . Die winkelsentrums is besig om die ou in die straat uit te buit . Gaan google amt pryse en sien vir julle self . Winkels sit 100 % + by boer se prys en hulle skep net. Druiwe boer kry R 15kg en winkel vra R 32 vir 500gram . Belaglik

Francois Le Cochon ·

Betaal minder skoolgeld en koop meer kos. Google Staatskoerant 29311, en werk self uit vir hoeveel afslag u kwalifiseer. Onthou ook dat skoolgeld, volgens wet, ook alle VERPLIGTE addisionele uitgawes insluit. Nie skoolklere nie, maar sportdrag, uitstappies/toere, skryfbehoeftes, boeke en koste vir ekstra vakke soos musiek kuns en drama. Skole mag ook nie hul eie aansoekvorms gebruik nie, (net die een wat aangeheg is in 29311). Skole mag slegs bykomende inligting vra wat te doen het met ouers se inkomste. Niks oor bates nie. En maak ook beswaar as die skoolhoof bykomend Artikel 38A vergoeding van SBL ontvang om SBL personeel te bestuur, die Departemend betaal hom/haar alreeds daarvoor. Sien PAM dokument vir skoolhoof se pligte.

Ivana ·

Kookolie is tussen 40 en 50% op. Was so +- R39.99 per 2ltr nou is dit by Ceckers R64. 99 en Spar R69. 99. Wil graag weet om watter rede

Duck ·

Wet van Transvaal!
Ja ek stem saam, als het duurder geraak, kyk maar rond vir winskopies
Deesdae het elke groot winkel kaarte, waarop afslag op sekere gemerkte goedere is.
Dit is nou die “in ding” om van die wins kopies gebruik te maak as jy dit natuurlik benodig.
Die kaart sorg vir ‘n paar rand af by die betaal punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.