Kosskenking van miljoene rand sal middelklas in nood help

Hannes Noëth van Helpende Hand help om ‘n besending van kospakkies te versprei. (Foto: Verskaf.)

Die welsynsorganisasie Solidariteit Helpende Hand het ’n derde reuseskenking van die Douw Steyn-familietrust ontvang om honger in die land te bekamp.

’n Gedeelte van die jongste R5 miljoen-kosskenking gaan aangewend word om die nood onder die middelklas te help verlig, waar dit sedert die uitbreek van die Covid-19-pandemie drasties toegeneem het.

Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, verduidelik ’n bedrag word aan gesinne toegeken wat sedert die inperking hul werke weens afleggings verloor het.

“Sedert die inperking ingestel is, kon Helpende Hand deur die hoeveelheid aansoeke om hulp sien hoe drasties die nood in die middelklas toegeneem het. Die kosvoorraad wat ons van die Douw Steyn-familietrust, tesame met Steyn City Properties en Telesure Investment Holdings (TIH), ontvang het, gaan in al nege ons streke met die hulp van ons takke en vrywilligers aan gesinne versprei word wat deur ons maatskaplike werkers geassesseer is.

“Korttermynhulp word dus gebied aan geassesseerde gesinne wie se inkomstes deur die ekonomiese gevolge van die Covid-19-pandemie beïnvloed word. Helpende Hand probeer op hierdie wyse om vir gesinne ’n bruggie te bou en só vir hulle die geleentheid te bied om planne te maak terwyl ons hulle met ’n kospakkie ondersteun as aanvulling tot die basiese kruideniersware wat hulle benodig,” sê hy.

Kos wat met die Douw Steyn-familietrust se skenking aangekoop is. Dit sal herverpak word vir gesinne van vier in pakkies wat hulle ‘n maand kan voed. (Foto: Verskaf.)

Noëth sê dit is die derde groot skenking van kosvoorraad wat Helpende Hand van die Douw Steyn-trust ontvang. Die eerste skenking van R2 miljoen se kos is in April ontvang. Hiermee kon 2 000 kospakkies opgemaak word wat ’n gesin van vier’n maand lank kon voed. ’n Verdere R5 miljoen is in Mei aan Helpende Hand geskenk.

Met die instel van die afsonderingstydperk het die Solidariteit Beweging sy Krisisfonds van stapel gestuur om onder meer kinders en bejaardes met noodvoeding te help.

Helpende Hand en die Krisisfonds kon sedertdien landwyd nagenoeg 19 171 gesinne en 1 536 instansies, soos ouetehuise en kinderhuise, van kos voorsien. Helpende Hand en die Krisisfonds is afhanklik van skenkings van die publiek en die private sektor, en ontvang geen hulp van die regering nie.

Ná die jongste skenking het dié fonds nou al sowat R23 864 433 ingesamel. Besoek www.krisisfonds.co.za om die Solidariteit Beweging te ondersteun, of SMS die woord HAND na 45 763.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Pieter ·

Dankie aan die steyn familie ons mense moet na mekaar om sien want die ANC kommuniste gaan dit glad nie doen nie.

Thea ·

@Pieter, dink jy werklik daardie kospakkies gaan na “jou mense” toe? Dink weer!

JohanR ·

Wat sou die land in 4 maande sonder Solidariteit, Helpende Hand en al die ander nie regering organasasies gedoen het. Ek dink die land en sy mense kan net dankie se…..baie baie dankie. Julle doen die werk van ‘n useless ANC regering. Dankie ook in die geval vir die reuseskenking van die Douw Steyn-familietrust ontvang om honger in die land te bekamp.

Jaco ·

Mag Solidariteit dit doen? Redelik onlangs nog was die uitdeel van kospakkies deur wit organisasies aan wit mense dan verbode. Die SAPD het selfs een organisasie in Krugersdorp dopgehou om seker te maak dat kospakkies nie uitgedeel word nie.
2 stelle reëls, 1 vir wit mense en 1 vir al SA se ander mense, geld mos maar vir amper alles in SA.
Voordat so baie geld op ‘n kospakkie projek uitgegee word, maak maar eers met by ons anti-wit owerhede seker oor of dit mag gedoen word.
Ek gee slegs direk vir mense wat ek weet swaarkry. Ek gee vir geen organisasie nie, want weens die arme ontvangers se “verkeerde” velkleur is die kanse dat die ANC regering die projek gaan saboteer net te groot

Anoniem ·

Baie goeie nuus en alle dank aan Solidariteit en Douw Steyn Trust. Dit wys net hoe erg dit in ons land nou gaan. Die hulp sal definitief waardeer word maar daardie arme mense wroeg nog oor waar hulle ‘n inkomste sal kan verdien om verder in die toekoms vir hulself en hulle families te kan onderhou. Terwyl die regering skep ……

Mariana ·

Dankie aan die Steyn familie. Nie eers die miljarde wst die regering gekry het ons mense bereik nie.

JohanR ·

Moet net hier ‘n 2de mening gee : Was die ANC plan van die begin af (26ste Maart) dat die land honger ly, en dan op hulle knie na die ANC kruip vir ietsie om te eet? Het onlangs gesien die foto van ‘n ou swart man, gelyk seker soe in sy 80’s met bid hande, wat kniel woor Stella Ndabeni-Abrahams in dankbarheid seker vir ‘n kospakkie. Kan jy dink ‘n Oupa in sy 80’s, wat moet kniel voor ‘n snotkop minister!

Gemaskerde Sopbeen ·

Baie dankie aan die Douw Steyn Familitrust vir die wonderlike geskenk aan die wat dit so nodig het.
Ek waardeer sulke positiewe gebare en berigte geweldig. Dan is ek ook ongelukkig reeds so negatief beinvloed dat ek nie kan verhelp om te dink aan die nydige kommentaar wat verseker uit ANC en EFF monde te wagte gaan wees nie.

Ou gees ·

Wat julle doen is eintlik amazing!

Seën vir ieder en elk van julle.

Mallie ·

Dankie vir die hulp. Hoop net dit word deur Regte mense uitgedeel aan Regte mense en nie soos dit gedoen was nie.

Yvonne ·

Dankie Here van genade vir die instansies soos Solidariteit en die skenkers….hier word wysheid en eerlikheid benodig met die uitdeel en ontvang daarvan…..Seenwense

Scalla ·

Baie dankie aan al die skenkers en ook aan Hannes en sy span, julle harde werk gaan nie ongesiens verby nie, nogmaals dankie.

Juls ·

Jy sien, daar IS geld in die land, en goed kan gedoen word en mense kan gehelp word as dit nie deur korrupsie verkwansel word nie. AI die miljarde rande wat kon help en voed en oplei wat deur die regering vermors is! DANKIE AFRIFORUM en HELPENDE HAND vir julle medemenslikheid en integriteit.

Geraldine ·

More ek sal graag wil weet waar in Centurion kan ons gaan om kos pakkies vir ou mense asook 2 paartjies wat hulle werk verloor het te kry? Ek sal hulle definitief soontoe neem waar ookal dit is. Baie dankie

Megan Swart ·

Dagsê Geraldine
Dankie vir jou boodskap. Helpende Hand bestuur dié projek. Kontak hulle gerus per e-pos by [email protected]
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

houopkruip ·

Baie dankie Douw Steyn.
Hierdie welwillendheid gaan nie ongesiens verby nie – glo my.
Maar waar is VOSLOO, RUPERT, BEKKER, WIESE, BASSON, MOMBERG ???

koos10 ·

Dankie Douw Steyn. Dankie dat jy nie soos ander super ryk families aan die “Solidarity Fund” by gedra het nie, want daai geld was van die begin af geoormerk om nie by die behoeftiges uit te kom nie.
Jou donasies word reg bestuur en reg verdeel.

Kom nou, alle mense wat glo in wat reg en wat verkeerd is dat ons hierdie man se besighede ondersteun en sy voorbeeld volg!

Thea ·

Goed en wel maar ons almal weet waarheen daardie kos werklik gaan. Ek as middelklas gaan verseker nie hieruit baat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.