Koste van data sal vanjaar verminder, sê minister

selfoongebruiker-in-restaurant

Foto: Pixabay.com

Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, het vroeër vandeesweek in die parlement in Kaapstad gesê die regering sal vanjaar spesiale aandag daaraan gee om die koste van data te verminder.

Patel het gesê Suid-Afrika gaan binnekort sy vierde industriële revolusie beleef – en dat die regering strategieë rakende dié revolusie sal afhandel om sy vennootskappe met universiteite, navorsingsinstellings en die privaat sektor verder uit te brei.

Volgens sy toespraak, waarin hy onder meer ook gepraat het oor die migrasie van analoog-televisieuitsendings na digitale uitsendings, sal die prys van data daal wanneer die Mededingingskommissie se markondersoek afgehandel is.

“Die digitale ekonomie sal ʼn belangrike dryfkrag agter die vierde industriële revolusie wees. Dit sal dus die regering se prioriteit wees om die koste van data vanjaar af te bring,” het hy gesê.

Die kommissie het verlede jaar in opdrag van die nasionale tesourie ʼn ondersoek van stapel gestuur om onder meer te bepaal wat die hoë koste van data veroorsaak en hoe die regering dié pryse weer kan verminder.

Die kommissie sal ook die prys van data in Suid-Afrika met dié van ander lande vergelyk en kyk of die diensverskaffing aan die gemiddelde standaarde voldoen. Om sodoende die ondersoek af te handel sal die studie onder meer strukturele, gedrags- en regulatoriese faktore in ag neem wat mededinging of prys beïnvloed.

Die nasionale tesourie het onder meer ook opdrag gegee dat die kommissie ondersoek instel om te bepaal of verbruikers “uitgebuit” word.

Patel het gesê hoë datapryse raak die ekonomie indirek in die sin dat ondernemings in Suid-Afrika toenemend meer op tegnologie begin steun.

Die uitslag van die Mededingingskommissie se markondersoek sal in Augustus vanjaar bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Robert ·

Ek wil hê daar moet vir my gesê word as ek 1Gig data gekoop het dan kan ek gebruik tot dit op is en nie vir my beperk dat ek dit in ‘n sekere tyd moet opgebruik nie. Dit is diefstal. Wat sal gebeur as mense ‘n x liter brandstof gebruik maar hulle gaan gepenaliseer word as ulle dit nie binne sekere tyd opgebruik nie?

snoefie ·

die data koste sal, nes die oproepkoste, weer elke jaar verhoog word. dit blyk die staat we ooreenkoms met die selfoon-maatskappye the wees.

Piet Pompies ·

Data koste moet ingrypend verminder, selfoon maatskappy en data verkopers maak baie geld uit verbruikers. Sodra jy ‘n selfoon program oopmaak wat op data werk is dit soos ‘n klomp brommers wat op vrot vleis neerdaal, elkeen wil sy kwota kry. Die effektiewe waarde vir die inligting wat jy aanvra is ‘n klein gedeelte van die data verbruik. Die res van die data gaan vir sagteware wat in die agtergrond hardloop wat vir die verbruiker van geen nut is. Groot besighede het “fibre” verbinding waarop heelwat rekenaars werk teen die beste spoed, tariewe is R800pm uncapped. Ons gesin is afhandlik van ‘n selfoon sein wat nie betroubaar is en teen die spoed van ‘n ossewa werk. Tussen ons word daar R1200 betaal met ‘n beperking van 6Gig. As dit nie uitbuiting is nie, dan weet ek nie.

Joe ·

Piet Pompies, navorsing voor jy twak praat. Jy as verbruiker kan background data afskakel, as jy Facebook, instagram en al daai wil he, en dié storylines wil op datum hou, is dit jou probleem. Ek betaal R249pm vir selfoon en 2gig en dan R400 meer deur n 3de party vir 10gig en nog 10gig van 8-8. As jy jou navorsing doen voor jy kontrak teken, sou jy nie so baie betaal het vir 6gig nie.

Jacques Venter ·

Robert
Jy is heeltemal reg. Dit is niks minder as roof nie.

Cherokee ·

En wie maak geld as jy op Wi-Fi ingestel is? Ek het 24 uur Wi-Fi tuis en my kantoor is net oor die straat waar ek ook 24 uur Wi-Fi het. Geen data gebruiker dus behalwe weg vanaf die huis wanneer ek wel op data aanwesig is.

Koos ·

mmmmm…dink hier kort so bietjie telco / tegnologie opvoeding…..

Gerda ·

O genade. Wi-Fi gebruik data. Die een wie se Wi-Fi netwerk is betaal vir die verbinding en data verbruik….as dit nie jou eie is nie, is JY ‘n datadief!

Cherokee ·

Jy is die hopeloos verdwaal. Dit is mý Wi-Fi by die huis en as jy dit nie kon verstaan nie het jy nie gelees nie. Mý huis het ek gesê. En mý kantoor het ek ook gesê. En in duidelike Afrikaans geskryf.

Pieta ·

Ek glo nie enigiets wat ‘n minister sê nie. Die eindverbruiker betaal steeds meer en die data wat aan die einde van ‘n maand verval is ‘n bedrogspul. Dan lewer ‘n voorsiener soos Telkom hopelose diens.

madels ·

Tariffic’s analysis shows that, once prices were converted to rands and re-based for the Cost of Living, South Africa was consistently the second most expensive for 1GB, 2GB, and 3GB data contracts, with Brazil being the most expensive in all three cases,” said Tarrific in a statement.

“Data prices for South Africa were on average 134% more expensive than the cheapest prices in the group,” Tarrific added.

Gert ·

Ek het wi – fi by die huis en ek gebruik by my huis n 4mb lyn uncapped teen R575.00 per maand , my gebuik n maaand is +- 150gig n maand so dit werk uit teen R3.83 per gig .My ISP maak nog steed geld uit my uit my punt is net wat maak die selfoon maatskappye dan per gig wat hulle verkoop dis regtig diefstal wat hulle per gig vra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.