Die minister van minerale hulpbronne het Woensdag gesê die koste van vanjaar se uitgerekte platinumstaking is verbysterend.
“Stakings is nie uniek aan Suid-Afrika nie,” het minister Ngoako Ramatlhodi aan die Joburg Indaba oor mynbou in Sandton, Johannesburg, gesê. “Maar dit is ʼn wekroep vir alle aandeelhouers wanneer die staking vyf maande lank voortduur.” Hy het gesê die staking het regulerende instansies bevraagteken.
Ramatlhodi moes by die onderhandelings tussen die vakbond Amcu en platinumvervaardigers ingryp net nadat hy ná die algemene verkiesing as minister aangewys is. Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het op 23 Junie die einde van die staking aangekondig.
Hy het gesê hy wil ingesluit word wanneer enige herstrukturering binne die bedryf plaasvind. “Ek wil my ondersteuning bied,” het hy gesê. “Dit is belangrik dat ons almal saam werk.”
Koste is verbysterend…Ja dit IS alle stakings in die land gaan gepaard met geweld. Kyk Voetspore, dit is hoe die Ware Afrika lyk, Ons is amper daar.