Koster-boer vandag in hof ná ‘dief’ se skietdood

Argieffoto

Argieffoto

Die boer van Koster in Noordwes wat Vrydag in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn man doodgeskiet het wat hy van diefstal verdink het, verskyn na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is in hegtenis geneem ná ʼn voorval wat vroeër die dag omstreeks 16:00 op die Rustenburg-Koster-pad, ʼn paar kilometer van die boer se plaas af, gebeur het.

Volgens Ramaloko het ’n 35-jarige man op sy fiets in die pad gery toe die boer hom van sy fiets af gepluk het. Die boer het hom glo beveel om ʼn sak wat hy by hom gehad het te oorhandig sodat hy dit kan deursoek. Daar is glo vroeër by sy huis ingebreek en die diewe het met ʼn paar items gevlug.

Ramaloko het gesê die boer het ʼn noodhulpkissie, ʼn kussing, ʼn pet en ʼn paar skoene in die sak gekry wat hy beweer uit sy huis gesteel is. ʼn Rusie het tussen die twee mans ontstaan en die boer het die man na bewering twee keer geskiet. Hy is op die toneel dood.

“Die polisie is na die toneel ontbied en die boer is in hegtenis geneem,” het Ramaloko gesê. “Die verdagte se vuurwapen is vir ballistiese toetse gestuur.”

Die man staan tereg op aanklag van moord. Sy naam kan nie bekend gemaak word totdat hy verskyn het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bruno Stef ·

Hoe pluk n mens iemand van die pad af of is dit n manier van skryf om die hele episode tot die uiterste te dramatiseer niemand was in elk geval teenwoordig om dit te bevestig nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Bruno

Ons vra om verskoning vir die groot flater! Dit het inderdaad ongesiens verbygegaan. Ons het die sin nou gewysig om korrek te lees: “Volgens Ramaloko het ’n 35-jarige man op sy fiets in die pad gery toe die boer hom van sy fiets af gepluk het.” Ons vertrou dit is nou duideliker.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Delia ·

Ja Stef en Gerhard, vra ek ook!
Lyk as of die beriggewer ‘n bietjie sensasie soek….

Paul ·

Dit is mos polities korrek om die boer as die skurk uit te beeld. Die feit dat die dief met die goed betrap is, tel blykbaar geen punte nie.

vermeende ·

Dit is baie jammer dat die “VERMEENDE” gevang en sy vuurwapen afgeneem is.
Een ding is verseker, hierdie “KRIMINEEL” sal nooit weer kan steel, verkrag, roof en moor nie.

nico ·

Om ‘n man van sy fiets af te pluk is ‘n algemene uitdrukking so ek verstaan nie mooi julle probleem nie. En as julle mooi lees haal hy die polisiewoordvoerder aan wat die stelling gemaak het.

Amanda Le Roux ·

My geloof in die lewe is; as jy kan lieg dan steel jy! As jy steel dan MOOR jy! Die gesteelde goed is in die sak gevind. Wat se bewyse is nog nodig? In vandag se lewe is dit n oog vir n oog en n tand vir n tand! Ons het te lank die ander wang gedraai sodat ons daar ook geslaan kan word! Nou baklei ons terug! Wat myne is is myne! Ek het gewerk daarvoor. En gaan ook nie toelaat dat ander my goed vat nie!

Maritza ·

Ai….toe wonder ek nou wat het die feit dat dit ‘n boer is te make met wat gebeur het? Ek meen, AGT keer word dit genoem dat hy ‘n boer is. Ja? En? Hoekom word daar nie ook klem gele op die ras van die “arme slagoffer” op die fiets nie? Of die feit dat hy WEL gesteel het nie? O ja, wag! Onthou ek nou, dis mos die “in-ding” om die “boere” in die slegte lig te stel en die kriminele as die arme agtergeblewenes uit te beeld. Nee wat, ek wat geen kwalifikasies in die rigting het nie sou die berig ook beter kon skryf….. Jammer Maroela, maar dis nou ‘n teleurstelling die……

mdp ·

Maritza, ek dink jy hoef net ‘n paar van Maroela se artikels lees om te sien dat daar min ander koerante is wat soveel oor plaasmoorde en boere berig soos hulle. Jy lees dalk meer in die berig as wat hulle bedoel het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.