Koster-boer wat glo ‘dief’ skiet, kry borgtog

Argieffoto

Argieffoto

Die boer van Koster in Noordwes wat die naweek agter tralies moes deurbring nadat hy glo ʼn man doodgeskiet het wat hy van diefstal verdink het, is Maandag op borgtog vrygelaat.

Kapt. Paul Ramaloko, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Cornelius Geldenhuys (48) het in die dorp se landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

“Die saak is tot 7 Desember uitgestel vir verdere ondersoek,” het Ramaloko gesê. Geldenhuys staan tereg vir die moord op Solomon Quku. Hy was 41 jaar oud en nie 35 soos aanvanklik berig is nie.

Volgens die polisie het Geldenhuys glo omstreeks 16:00 vir Quku op die Rustenburg-Koster-pad, ʼn paar kilometer van Geldenhuys se plaas af, geskiet nadat daar glo by sy plaashuis ingebreek is en ʼn paar huishoudelike items gesteel is. Geldenhuys het in die gebied rondgery en Quku op sy fiets langs die pad sien ry.

“Die verdagte het langs die fietsryer stilgehou en hom van sy fiets af gepluk.” Geldenhuys het hom glo beveel om ʼn sak wat hy by hom gehad het te oorhandig sodat hy dit kan deursoek. “Daar is niks waardevols tussen die slagoffer se besittings gevind nie. Slegs ʼn noodhulpkissie, ʼn kussing, ʼn pet en ʼn paar skoene is in die sak gekry. Die verdagte het beweer dit is uit sy huis gesteel,” het Ramaloko gesê.

Daar het glo ʼn rusie tussen Geldenhuys en Quku ontstaan, waarna Quku twee keer geskiet is. Hy is op die toneel dood.

“Die polisie is na die toneel ontbied en die boer is in hegtenis geneem,” het Ramaloko gesê. Die verdagte se vuurwapen is vir ballistiese toetse gestuur en die polisie wag nog vir die uitslag daarvan.

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen oor of daar ʼn saak van huisbraak aanhangig gemaak is en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

pop ·

Verstaan ek nou vir die Ramaloko reg, dis ok as jy inbreek en niks waardevols steel nie. En was daar nou ooggetuies wat al die dinge kan beaam wat hulle nou se. Die arme man, ek kry hom jammer. Daar sal voorbeeld van hom gemaak word om nie aan skelms te raak nie.

PIXIE ·

Martin, jy verwys na die arme man praat jy van die een op die fiets of oom Geldenhuys? As jy praat van die arme man op die fiets wel een misdadiger minder en oom Geldenhuys sterkte en mag die Here vir jou en jou gesin spaar want daar le ‘n baie moelike tyd vir julle voor en asseblief oom Geldenhuys wees versigtig. HULLE kom nie net een vir een nie en julle lewe is in gevaar. Sterkte ek bid vir julle.

Bruno Stef ·

Daar het n woordewisseling en n struweling ontstaan nadat die boer gesteelde goedere in die besit van die fietsryer ontdek het.In n poging om sy wapen af te neem in n gestoeiery het skote afgegaan wat die fietsryer noodlottig gewond het.Dit is nou my weergawe van gebeure voordat die oorledene weer tot martelaar verhef gaan word ongeag sy aandeel in die hele storie.As daar nie n getuie is nie is dit n aanvaarbare weergawe.

M ·

Nie ‘n probleem met daai weergawe nie. Oscar het amper weggekom met sy weergawe, kom ons hoop die ou is meer gelukkig.

Nicky ·

Baie bly jy is uit op borg. STERKTE vir jou en jou familie.

nico ·

Ek het gehoor daar bestaan iets soos ‘n siviele arrestasie. Miskien kan ‘n regskenner daarop antwoord. As jy iemand verdink van diefstal mag jy hom dan in hegtenis neem. En as hy hom teësit mag jy geweld gebruik. Ek sal dit in die hof aanvoer. Die hof gaan natuurlik moet bepaal of dit redelike geweld was.

piet ·

Nou sal die boer alles wat hy het moet verkoop .om regskostes te dra .om .sy onskuld te bewys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.