Koster: Nóg ʼn huis aan die brand gesteek

Kim Medupe, burgemeester van die Kgetlengrivier-munisipaliteit, se huis, gastehuis en vier voertuie wat op die perseel gestaan het, is deur betogers aan die brand gesteek. Foto: ANA

ʼn Raadslid se huis is aan die brand gesteek en 14 mense is in hegtenis geneem toe gewelddadige betogings Donderdag in Koster in Noordwes voortgewoed het.

Sers. Ofentse Mokgadi, woordvoerder van die polisie, het gesê die 14 verdagtes word aangekla van openbare geweld. Hulle sal Maandag in die Koster-landdroshof verskyn.

“Die situasie is steeds gespanne. Die pad tussen Rustenburg en Koster is gesluit, asook die Koster-Swartruggens-pad,” het hy gesê. Die pad tussen Derby en Koster en tussen Koster en Lichtenburg word nie deur die betogings geraak nie.

Maroela Media het vroeër berig Kim Medupe, burgemeester van die Kgetlengrivier-munisipaliteit, se huis, gastehuis en vier voertuie wat op die perseel gestaan het, is deur betogers aan die brand gesteek. Betogers het ook verskeie items huisware uit die burgemeester se huise gesteel. Die sentrale sakegebied van Koster is heeltemal gesluit weens die betogings.

Kim Medupe, burgemeester van die Kgetlengrivier-munisipaliteit, se huis, gastehuis en vier voertuie wat op die perseel gestaan het, is deur betogers aan die brand gesteek. Foto: ANA

Inwoners van Reagile voer aan hulle is ontevrede oor ʼn gebrek aan basiese munisipale dienste.

Die ANC in Noordwes het intussen die betogings in dié plattelandse dorp veroordeel. “Ons glo as ʼn beweging dit maak nie saak hoe sterk jou siening oor dienslewering-uitdagings is nie, dit gee nie betogers die reg om openbare en private eiendom te vernietig nie. Ons verwag van gemeenskappe om met die leierskap van die Kgetlengrivier-munisipaliteit in gesprek te tree,” het Sussana Dantjie, waarnemende provinsiale sekretaris, gesê.

“Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap van Koster om te verseker dat vrede in die gebied herstel word en dat wetstoepassingsagentskappe toegelaat word om hul ondersoeke te doen. Ons doen ook ʼn beroep op die polisie om enige persone wat kies om openbare geweld as ʼn manier van kommunikasie te gebruik in hegtenis te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

HP ·

Red ‘n nasie! Nou eers dat die publiek nie meer die publiek teiken vir die swak diens lewering, maar die wat daarvoor verantwoordelik is dat dit gebeur en op hul sewende nekwerwels sit en “pay”.

Nou sal arrestasies plaasvind as geweld ‘n manier ban kommunikasie is????

Toe onskuldige publiek derloop onder hierdie geweld, paaie versper word, grootskaalse ontwrigtings plaasvind staan die owerhede alles net en aanskou? Die mense is ongelukkig.

Sjoe! Uiteindelik word daar “regeer”. Regeer kan mos beteken “Reg gee om sekere aksies te doen of nie te doen?” Dankie dat iemand uiteindelik begin het om te REGEER.

Regeer asb nou orals!

JA NEE ·

Op Derby het die polisie die betoogers uitmekaar gejaag met rubber koels, en die pad was toe weens 3 brandende taxis en n kar, die hele area is gespanne, hulle het met hulle sports al 7 uur gister aand in Derby begin

Johann ·

Vir hoe lank wil die regering nog met gevoude arms sit en anergie maar net laat voortgaan. Hulle mors tyd op grondverdeeling en n spul ander onbenullighede ipv sake in die platteland aan te spreek. Polisie, brandweer , ambulanspersoneel asook inwoners se lewens word ingevaar herstel. Polisielede in plattelandse dorpe kan net nie meer die orde handhaaf nie agv van te min lede in die dorpe. Regering skrik wakker en skenk aandag aan die. Geen buitelandse maatskappy sal hier ter plaatse kom bele as daar nie stabiliteit in die land is nie. Stop die aanhoudende verwoesting en aan die brand steek van eiendom en voertuie.

Willie ·

CR ruk jou land reg voor jy belegers gaan soek…. dis logika…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.