Koster-skietery: Tiener dalk nie vervolg

Uzelda Slatter. Foto: Via Facebook

Die tiener van Koster in Noordwes wat in Februarie glo ʼn man uit noodweer doodgeskiet het nadat dié ʼn familielid noodlottig gewond het, gaan dalk nie strafregtelik vervolg word nie.

Kapt. Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die polisie is nog besig met die moordondersoeke.

“Die ondersoekbeamptes wag nog vir sekere getuies en bewyse van die eenheid vir forensiese ondersoeke. Sodra alles ontvang en die dossier volledig is, sal dit aan die direkteur van openbare vervolging gestuur word om te besluit of strafregtelike stappe gedoen gaan word of nie,” het Augoustides gesê.

Maroela Media was vroeër eerste met die nuus toe Uzelda Slatter (23) op 26 Februarie om 02:00 deur Jan Koster (30) in haar huis op Koster geskiet is. Die twee was voorheen in ʼn verhouding en het saam ʼn tweejarige dogtertjie.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het destyds aan Maroela Media gesê Koster het na bewering by Slatter se huis opgedaag en haar ná ʼn rusie met ʼn vuurwapen in die kop geskiet. Die tiener was tydens die voorval in die huis en kon daarin slaag om die vuurwapen by Koster af te neem, waarna die tiener glo vir Koster in die kop geskiet het.

Slatter en Koster is op die toneel dood verklaar. Die destydse ondersoek dui daarop dat die seun uit noodweer opgetree het aangesien Koster glo gedreig het om hom en die dogtertjie te skiet. Die tiener sal moontlik om dié rede nie vervolg word nie.

Die tiener, wie se identiteit beskerm moet word, is nie ná die voorval in hegtenis geneem nie en moes behandeling vir skok en trauma by ʼn plaaslike hospitaal ontvang.

Die polisie ondersoek twee sake van moord, een teen Koster en een teen die tiener.

Jan Koster en Uzelda Slater. Foto: Via Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chelle ·

Was die man getroud met of betrokke by die tiener se Ma?
Vra net, so iets gehoor- nie die beriggewing van die begin af gevolg nie.

Annelize ·

Ek praat onder korreksie, maar soos ek verstaan was die tiener Uzelda se broer.

Cherokee ·

CAROL..CAROL..CAROL.. dink jy werklik dat iemand nie eie lewe mag beskerm in ‘n geveg deur ‘n moordenaar se wapen te gryp en hom daarmee te blaas, as so een nie ‘n vuurwapenlisensie het nie? Dink jy nou werklik ‘n regter sal so skut vra om vuurwapenlisensie?

Ai Tog ·

Mense lees julle nie die volledige berig nie. Die vrou wat geskiet is en die man wat deur die tiener geskiet is, was in ‘n verhouding en het ‘n dogtertjie saam gehad. Die tiener seun was op die toneel en kon die wapen van die man afvat en het hom met sy eie wapen geskiet. Lees tog die berigte reg voor julle kommentaar lewer asb.

Freud ·

Dit is die mees deurmekaar berig nog. Wie is die tiener en hoe pas hy by die prentjie in. Ek het eers gedink sy het geskiet…. toe sien ek sy is geskiet…. maar hy is ook geskiet maar nie deur haar nie maar dit was by haar huis…. die tiener….. die tiener…. hy moet tog erens inpas.

Jinne ·

Ek sal maar te dankbaar wees dat die tiener nie vervolg word nie, dit sal uiters onregverdig wees, ‘n tiener het nie ‘n kans teen ‘n besete man en ek kan net dink waardeer hierdie 2 kinders is op daardie betrokke dag. Vuurwapen lisensie is nie nodig, die man het met die wapen na die toneel gekom en as hy nie een het nie, wel hy is dood so niemand kan iets daaraan doen nie. Ek is bly die kind het kop gehou anders was hul ook dood en ‘n omstandigheids getuienis saak op belasting gelde.

Faan ·

@Ai Tog en Freud. Regtig. Daar is niks fout met die kommentaar wat gelewer is nie. Die berig praat van ‘n tiener wat ‘n familielid van die oorlede dame is, die mense het net gewonder wat is die verband tussen die tiener en die dame. Freud. die berig is geensins deurmekaar nie, dit maak absoluut sin. Drink eers ‘n koppie boeretroos voor jy lees …

Sann ·

@Faan: Lyk my jy het die dinge mooi bymekaar…. Help my nou net met daardie laaste sinnetjie. Word daar nogsteeds ‘n saak van moord ondersoek teen die man (Koster) wat toe ook doodgeskiet is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.