Kostes vir Zuma-standbeeld kan Marikana-ondersoek finansier, sê DA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê Suid-Afrika het nie “monumente van korrupsie en werkloosheid” nodig deur ʼn standbeeld van pres. Jacob Zuma nie, en die geld kan eerder iewers anders gebruik word.

Die geld, wat geallokeer is vir ʼn enorme ses meter hoë bronsstandbeeld van Zuma wat premier Supra Mahumapelo se ANC-regering in Groot Marico wil oprig, kan eerder aangewend word vir ʼn lang lys prioriteite wat tot voordeel strek van die mense van Suid-Afrika, eerder as om Zuma te vereer, het Joe McGluwa, leier van die DA in Noordwes, gesê.

Werkskepping, dienste en infrastruktuur is dringend nodig en moet aangespreek word voor standbeelde opgerig kan word.

“Die standbeeld se miljoene kan veel eerder aangewend word om die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) se ondersoek na die Marikana-slagting in Augustus 2012 af te handel,” het McGluwa gesê.

Sedert 2016 het Opod die regering versoek vir R5 miljoen om die oorblywende deel van sy ondersoek af te handel in lyn met die Farlam-kommissie van Ondersoek se regstellende aksie. Geen fondse is egter hiervoor beskikbaar gemaak nie. Maroela Media het vroeër berig Opod het Woensdag aan die polisie se portefeuljekomitee gesê hy het nie genoeg geld om ten volle sy mandaat uit te voer nie, insluitend om die Marikana-slagting te ondersoek.

“Suid-Afrika as ʼn nasie, en die Noordwes-provinsie, verdien dat die gebeure by Marikana, waar 34 mense gesterf het, ernstig opgeneem moet word deur die regering en dat ʼn ondersoek deur Opod noodsaaklik is om behoorlik enige oortredings te identifiseer. Totdat die ondersoek nie ten volle gefinansier is nie, word die Marikana-slagting nie behoorlik aangespreek deur die ANC-regering nie, wat duidelik eerder miljoene aan ʼn standbeeld wil spandeer,” het McGluwa bygevoeg.

Die finansiering wat Opod benodig om die Marikana-ondersoek af te handel, moet ʼn nasionale prioriteit wees en ʼn multimiljoen rand se standbeeld van Zuma is “ʼn nasionale skande”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Apie ·

Hoe de hel kan n mens korrupsie vereer. Zuma het sweet NIKS wat vereer kan word nie!! Hy voer nie eens n eerlike bestaan nie. Geldmors soos net hulle mos kan.

Katrien ·

Wat sal n regdenkende mens sy asem mors hieroor.ons sien mos al lank die keiser se onderdane sien nie dat hy nie klere aanhet nie.

At ·

DA…wat doen jul oor misdaad??????????????? Alewige opportunisme, maar verder doen jul niks om die land se GROOTSTE probleem aan te spreek nie!!!!!!!!!!!

FM ·

Die regering weet nie wat die woord prioriteit beteken nie. Hulle kan nie onderskei wat belangrik is en wat nie. Een persoon, Zuma, is nou vir die NW regering belangriker as om te sorg dat mense se omstandighede verbeter deur dienslewering wat insluit gesondheid, onderwys,behuising ens. MAAR NEE hulle wil iemand vereer oor wie se kop baie vrae hang mbt wapenskandaal, nkandla, guptas, haat teenoor witmense,plaasmoorde ens ens.Zimbabwe die tweede. Kyk hoe gaan dit in zim, maar lyk my die anc het nie die vermoë nie om uit ander se foute te leer nie. Kan die regdenkende mense in die anc, glo my daar is,nie n slag saamstaan en zuma laat besef wat nou gebeur is net tot nadeel van SA in die oë van die werêld nie. Zuma en malema moet die witmense nader trek en nie vervreem nie. Solank as wat hulle die wittes vervreem, sal hier nie vrede wees nie.

snoefie ·

nie n piep uit die EFF hieroor nie. Julius?….. doodse stilte.

Cherokee ·

Toe ek ‘n kind was, was daar ‘n Chamber of Horrors in Joahnnesburg met standbeelde van was. Het Dr Google nou daarna gevra maar dit blyk nie meer (daar) te wees nie. Miskien is dit Groot Marico se poging tot ‘n herinstelling daarvan.

Alta Schutte ·

Op Groot-Marico van alle plekke…Dis ding kos seker eintlik niks…iemand gaan die geld pocket…die standbeeld is weer net ‘n manier om geld te verduister….

Hendrik ·

wat in die lewe maak vir Zuma so uitsonderlik belangrik. al die gemors wat hy veroorsaak?? in die ou dae was daar n boekie genaamd ZONK. Zuma sou dit nie eers haal nie.

Cherokee ·

Ag jong, dit is hoe helde vereer word. Kyk onder die kommentaarlesers byvoorbeeld, wanneer iemand die woorde ken van die ‘Stem’ en dit kan sing wil hulle hom sommer tot president verhef. Belaglikhede van aanhangers.

Kantlyn ·

Verdien hy dit? Wat se boodskap stuur dit uit,,hoe meer korrup jy is hoe meer word jy ge-ag ?
In die land van die blindes is eenoog koning!

Scalla ·

Vernoem eerder die nuwe rioolplaas na hom, dit sal meer in sy profiel pas.

Anoniem ·

Kon nou nie help om hardop te lag nie…. ek dink dis ‘n skitterende idee!

Manie ·

Die onderdane moet tog so kruip by die koning wat sy salaris vir hom betaal namens die belastingbetaler anders is hy dalk sy rykdom kwyt. Kyk maar die geskiedenis. Dit was so inDingaan se tyd en dit gaan nog vandag net so aan.

FM ·

Rig maar daai soort van standbeeld op. Wie gaan dit beskerm? Dit sal nie lank staan nie!!!!! Mark my words!!!!!!

Boet ·

Spandeer eerder daai geld op onskuldiges families wat brood winaars verloor het op plaas moorde as op snert

Cecilia ·

Standbeel vir Zuma?Maar daar hang n wolk oor ons koppe dat ons nie op 1 April 2017 ons staats pensioene gaan ontvang nie? Die wat grants kry, die mense wat Anc stem, gaan honger en dakloos gelaat word maar n standbeeld moet vir hul leier opgerig word? En wie van ons is nie juis daarvan afhanklik agv affirmative action en swart bemagtiging nie?
Wat wil hulle met die geld doen as dit nie uitbetaal nie- dis geen klein bedraggie nie.
Hoe kan die staat so onverantwoordelik wees!
Ek sien groot moeilikheid kom! honger mense het nie rede nie.
Ek is ook daarvan afhanklik(63) maar woon op oomblik in een van my kinders se huise. Hy trek binnekort dan sit ek op straat- en nou dit. Hoeveel is nie nog in dieselfde situasie agv 1994.

AL ·

Nasionale standbeeld van skande. Gaan hulle 783 klagtes ook graveer op die standbeeld? Gaan JM en kie die standbeeld met verf gooi en #Zuma must fall verf?

Johann ·

As mens deesdae die nuus lees, dan maak dit al meer sin om, teen dit waaraan ek geglo het en hoe ek grootgemaak is, dat die wit mense ‘n volkstaat kry. Gaan lees hoe is mense nou in die tyd weer aangeval en vir ure lank gamartel.

En Maroela, dit help nie julle ontken die waarheid en plaas net mense se gevoelens as hulle dit saggies stel nie.

AL ·

Hul sal vir ons die droogste gedeelte gee en tog sal ons sukses van dit maak.

Katjie ·

Sjoe sjoe daar is honger kinders en mense elke dag in ons land en nood ens waar geld so dringend nodig is….en nou kom hierdie storie van n standbeeld wat geld en geld kos
Uiterse skande en glad nie eers nodig of aanvaarbaar nie. Baie baie nood in ons land maar sekeres dink weer net aanhulself en n dooie ou standbeeld wat niks vir ons doen of beteken nie. Ai dit is erg verby en steeds armoede en honger kinders en mense elke dag!!! Hoop dit nie sal gebeur nie.

Sarie ·

Geen meer standbeelde vir ANC nie. Ook nie die Een wat die DA van Mandela in Kaapstad wil oprig nie .Dis geld mors

Johann ·

En nou dinges hulle nog ook die Wildtuin nog verder op met ‘n lodge in Skukuza. Maak die d se plek ‘n stad, trek dit als deur. Julle het nie ‘n idee van enigiets nie, net om te gebruik.

Aitoggie ·

Zuma wil he die mense Moet elke dag aan hom herinner word, as die persoon wat die land afgetakel het, wanneer hulle na die standbeeld kyk. Ek is dankbaar ek hoef nie in dit vas Te kyk nie. Hy Sal eerder sy mense honger sien, as om die geld reg aan Te wend.

vermeende ·

Wat n nice idee, ek hoop net hulle sit daai kenmerkende middel vinger tussen die oe van hom by sodat alle liberales en die massas in verwondering voor hom kan staan en kyk na wat hy van hulle dink.

Bou die ding en maak hom sommer 20m hoog!

Ig ·

Daar is mos genoeg materiaal in die rioolaanleg om n beeld te maak en is nog verniet ook.

Ou Erdvark ·

Geagte Suid-Afriaanse soogdiere Homo sapiens sapiens,

Onthou: Die MEERDERHEID van die Suid-Afrikaanse Homo sapiens sapiens-bevolking het vir die huidige regerende party en indirek vir die staatspresident gestem! So, waarom die gekla? En die meerderheid is mos die meerderheid of hoe?

So, wat gaan JULLE tot 2019 se Algemene Verkiesing DOEN? Dit is die vraag! Ek herhaal: Wat gaan JULLE tot die Algemene Verkiesing van 2019 DOEN om ‘n beter regering daar te stel?

Homo Sapiens ·

Wat gaan jy doen? Lead they Way Ou Erdvark, lyk of jy vir ons al die antwoorde het.

Jade ·

AG ASB het ZUMA al na iemand geluister? Dit kan huise,hospitale, skole bou maar STEEDS sal hy daardie standbeeld oprig en STEEDS sal die ondersteuners VIVA ZUMA skreeu en hom verdedig en beskerm en aanhang. Daar is nie pille daarvoor nie. Die BELASTINGBETALERS moet betaal en die GESPUIS ondersteun hom om in die posisie te wees waar hy is want dis nie hulle belastinggeld nie, en hulle kan ook nie twee en twee bymekaarsit nie!

johan ·

Ek kan nie die denkwyse verstaan nie. Hoe werk mense wat zuma ondersteun se koppe HOE vra ek.

Rynhardt ·

n Absolute skande as Zuma n standbeeld moet kry.Kry hy dit vir die korrupte verhouding met Guptas? Ek het nog nooit standbeelde van politici aanbid nie.As hulle almal so wonderlik was, hoekom word onsmense onderdruk, uitgemoor en het hul geen toekoms nie?? Selfs De Klerk verdien ook nie sy standbeeld nie! Voordat Zuma n standbeeld kry, stel ek voor dat daar liewer n standberld van Donald Duck opgerig word.Hy laat jou ten minste lag, Zuma laat jou huil!

Magda ·

Hoop AS die standbeeld ooit geplaas word – gaan daar n groot bord saam wat se” MEES KORRUPTE AMPTENAAR WAT SA NOG GEHAD HET”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.