Kostes vir Zuma-standbeeld kan Marikana-ondersoek finansier, sê DA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê Suid-Afrika het nie “monumente van korrupsie en werkloosheid” nodig deur ʼn standbeeld van pres. Jacob Zuma nie, en die geld kan eerder iewers anders gebruik word.

Die geld, wat geallokeer is vir ʼn enorme ses meter hoë bronsstandbeeld van Zuma wat premier Supra Mahumapelo se ANC-regering in Groot Marico wil oprig, kan eerder aangewend word vir ʼn lang lys prioriteite wat tot voordeel strek van die mense van Suid-Afrika, eerder as om Zuma te vereer, het Joe McGluwa, leier van die DA in Noordwes, gesê.

Werkskepping, dienste en infrastruktuur is dringend nodig en moet aangespreek word voor standbeelde opgerig kan word.

“Die standbeeld se miljoene kan veel eerder aangewend word om die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) se ondersoek na die Marikana-slagting in Augustus 2012 af te handel,” het McGluwa gesê.

Sedert 2016 het Opod die regering versoek vir R5 miljoen om die oorblywende deel van sy ondersoek af te handel in lyn met die Farlam-kommissie van Ondersoek se regstellende aksie. Geen fondse is egter hiervoor beskikbaar gemaak nie. Maroela Media het vroeër berig Opod het Woensdag aan die polisie se portefeuljekomitee gesê hy het nie genoeg geld om ten volle sy mandaat uit te voer nie, insluitend om die Marikana-slagting te ondersoek.

“Suid-Afrika as ʼn nasie, en die Noordwes-provinsie, verdien dat die gebeure by Marikana, waar 34 mense gesterf het, ernstig opgeneem moet word deur die regering en dat ʼn ondersoek deur Opod noodsaaklik is om behoorlik enige oortredings te identifiseer. Totdat die ondersoek nie ten volle gefinansier is nie, word die Marikana-slagting nie behoorlik aangespreek deur die ANC-regering nie, wat duidelik eerder miljoene aan ʼn standbeeld wil spandeer,” het McGluwa bygevoeg.

Die finansiering wat Opod benodig om die Marikana-ondersoek af te handel, moet ʼn nasionale prioriteit wees en ʼn multimiljoen rand se standbeeld van Zuma is “ʼn nasionale skande”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Apie

Hoe de hel kan n mens korrupsie vereer. Zuma het sweet NIKS wat vereer kan word nie!! Hy voer nie eens n eerlike bestaan nie. Geldmors soos net hulle mos kan.

Katrien

Wat sal n regdenkende mens sy asem mors hieroor.ons sien mos al lank die keiser se onderdane sien nie dat hy nie klere aanhet nie.

At

DA…wat doen jul oor misdaad??????????????? Alewige opportunisme, maar verder doen jul niks om die land se GROOTSTE probleem aan te spreek nie!!!!!!!!!!!

Savethetigerplz

Ek stem 100% saam met Apie

FM

Die regering weet nie wat die woord prioriteit beteken nie. Hulle kan nie onderskei wat belangrik is en wat nie. Een persoon, Zuma, is nou vir die NW regering belangriker as om te sorg dat mense se omstandighede verbeter deur dienslewering wat insluit gesondheid, onderwys,behuising ens. MAAR NEE hulle wil iemand vereer oor wie se kop baie vrae hang mbt wapenskandaal, nkandla, guptas, haat teenoor witmense,plaasmoorde ens ens.Zimbabwe die tweede. Kyk hoe gaan dit in zim, maar lyk my die anc het nie die vermoë nie om uit ander se foute te leer nie. Kan die regdenkende mense in die… Lees meer »