Koswinkelgroepe ondersoek oor knoffel, gemmer se pryse

Knoffel (Foto: Pixabay)

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) gaan van die land se grootste koskleinhandelaars ondersoek rakende bewerings dat hulle buitensporige pryse vir knoffel en gemmer vra.

“Die ondersoek volg op verontwaardiging onder verbruikers en klagtes op sosiale media rakende die beweerde buitensporige pryse van dié produkte deur verskillende verskaffers,” het Thezi Mabuza, waarnemende kommissaris van die NVK, gesê.

Food Lovers Market, Spar Group, Pick n Pay, Shoprite, Boxer, Cambridge Foods en Woolworths word reeds in dié verband ondersoek.

Volgens Mabuza sal die NVK se ondersoek egter nie net tot die sewe koskleinhandelaars beperk wees nie. “Ons doen ʼn beroep op verbruikers om ʼn klag by die kommissie in te dien indien hulle vermoed dat ʼn handelaar buitensporige prysstygings toepas.”

Buitensporige prysstygings word deur die wet omskryf as onbillike of onredelike prysverhogings wat nie ooreenstem met of nie gelykstaande is aan die styging in die koste om die goedere of diens te lewer nie.

Knoffel en gemmer is volgens Mabuza op die lys van 22 noodsaaklike produkte ingevolge die nasionale ramptoestand waarvoor daar nie onbillike of onredelike pryse gehef mag word nie.

ʼn Boete van tot R1 miljoen of 10% van ʼn handelaar se jaarlikse omset kan vir buitensporige prysstygings opgelê word. Dit kan ook tot tronkstraf van ʼn maksimum van 12 maande lei.

Verbruikers kan die NVK tydens kantoorure by 0800 014 880 of 012 428 7000 bel om ʼn klag in te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anoniem ·

Die prys van baie kruideniersware het só die hoogte ingeskiet dat my maandelikse inkopies omtrent in my handsak kan pas.

Thelsa ·

Dit is nie altyd die koswinkels wat die pryse ‘laai’ nie, die leweransiers is verantwoordelik vir die bepaling van die aankoopprys. Dis waar die pryse opgejaag word.

Francois Le Cochon ·

Nee, die groot kosgroepe bepaal die prys, en spesifiseer die verpakking.

Robert ·

Ek dink hulle gaan vind dat dit oor aanbod en aangraag gaan, tans is daar ‘n tekort aan gemmer en knoffel, almal soek dit as ‘n natuurlike hulp vir die imuunstelsel.

koos10 ·

Jy is 100% in die kol, Robert. Dit word in graad 8 EBW geleer, maar ek dink nie te veel “leiers” het tot daar gevorder nie.

Hennie J ·

Dankie Thelsa, jy slaan die spyker op die kop. As die leweransier se pryse die hoogte inskiet verwag die NVK die kleinhandelaar moet dit subsideer? In elk geval hierdie NVK soos meeste van die sogenaamde waghonde is net nog n plek waarheen kaders ontplooi is teen vet salarisse en waar die krip naby staan.

Ferryman ·

Die pryse van knoffel en gemmer het die hoogte ingeskiet omdat die aanvraag hoer is as die aanbod. Dieselfde het laasjaar gebeur met pynappels toe almal pynappelbier gemaak het.
Knoffel, gemmer en suurlemoene asook ander sitrus kan ook nou baie in aanvraag wees agv eie pogings om boereraad te volg om weerstand op te bou teen Covid. Die boere was nie voorbereid op ‘n toeloop nie, en die wat geplant het lag nou heelpad bank toe.
Dit is maar ‘n gevolg van Covid.

Nico ·

Ek kan die ondersoek binne n halwe dàg afhandel. Sonder hulp. Gaan winkel toe en kyk wat kos dit. Gaan varsprodukte mark toe en kyk wat kos dit. Bel n paar produsente en vinď uit wat die lewerings prys is. Maak n paar somme en siedaar.
Ek wed dit gaan n span konsultante minstens n maand vat om tot geen gevolgtrekking te kom nie……

Natasha ·

Ek het al lankal begin om “local” te ondersteun en so ver as moontlik weg te bly van groot handelaars. Kos gaan elke maand met belaglike pryse op en dit is nie meer voordelig om na groot handelaars te gaan wat se kwaliteit en diens swak is nie. En dis nie asof die boere teen dieselfde tempo as stygende pryse vergoed word nie.

mattk ·

Ek wens hulle wil bietjie na die vleispryse ook kyk. Ek kan nie verstaan dat mens nie “skaap” by ‘n slaghuis of supermark kry nie, maar slegs “lam”. Ek het al by verskeie slaghuise en supermarkte probeer, maar dit is slegs op bestelling beskikbaar en dan moet jy lank wag daarvoor. Teen die trant wat lammers gelewer word, gaan daar een van die dae nie meer volwasse skaap oor wees om lammers te lewer nie. Iemand is hier besig om groot geld te maak en die boer en verbruiker is die mense wat verloor.

Francois Le Cochon ·

Karoo skaap is taai. Ooskaap skaap lekker sag. Daarom is karoo skaap nie te kry, maar slegs lam.

koos10 ·

Skaap en lam is vrylik beskikbaar by ‘n supermark in Moot straat, Daspoort, Pretoria.
Die supermark het ‘n groen boomtjie op ‘n rooi agtergrond as embleem. (Ek hoop dit help?)

JJ ·

dis is die die basiese beginsel van vraag en aanbod … stupid

Francois Le Cochon ·

Nie altyd nie. Die groot kettingwinkels beheer/ manipuleer die pryse om hul omset konstant te hou. Daarom is kos duurder op dae wat nie val op dae wat salarisse betaal word nie. Koop dus rondom die 15de, 25ste en 30/31ste, dan is die pryse die laagste (maar ook die meeste mense in die winkel).

Cindy ·

Dankie tog! Amper dood toe ek nou die dag vars gemmer gekoop het!

Elsanne ·

En wat van Naaltjies/Cloves wat mens maande lank al soek en nie kry op die rakke?
Als te duur of net nie meer bekombaar.

Susan ·

Ons kan nie bekostig om te eet nie punt
Ek praat nie van luukshede nie …..net gewone goedjies wat ons benodig.

marius ·

En die skelms wat hul vuil kloue in noodsaaklike toerusting geslaan het ? Daar sal niks van kom nie want dis julle pelle. Hoeveel betaal julle die kaders vir ‘n kas wortels wat nie eers afgelewer word nie ? Honderde duisende dis hoeveel .

Pampoen ·

Dis die mense wat nie die vaksien wil neem nie wat all die knoffel en gemmer opkoop! Hulle ruik so sleg geen respektabele virus sal aan hulle byt nie.

Mundus ·

Prysvasstelling lei tot tekorte. Laat die markkragte die prys bepaal. Ek onthou laas jaar, toe die streng inperking pas in werking getree het, was die knoffelrak gewoonlik leeg, totdat die prys naby verdubbel het – toe kon ek ook my ‘fair share’ knoffel in die hande kry. As die vraag na ‘n item toeneem terwyl die aanbod konstant bly, sal die prys uit die aard van die saak verhoog. Dink so daar aan: daar is ‘n lang ry mense wat knoffel wil koop teen R70, en nie genoeg knoffel vir almal nie – as die prys verhoog tot R100, verlaat ‘n paar voornemende kopers die ry. Hou aan om die prys te verhoog tot daar ewe veel knoffel as knoffelkopers in die ry oorbly.

Twopence ·

Pampoen, ek weet nie hoe ruik jy die mense nie. Een lekkerte van die maskerdraery is dat ek soveel knoffel kan eet as wat ek wil en niemand aanstoot gee met ‘n onwelriekende asem nie. Ek het nie geweet gemmer laat ook jou asem ruik nie.

Francois ·

Dis nie asof knoffel en gemmer skielik vreeslik duurder geword het om te groei nie. Partymaal is vraag en aanbod ook maar net n euwel en verskoning om belaglike pryse te “mag” vra. Vraag en aanbod skakel meesal maar net die arm verbruiker uit. Die rykes gaan maar net aan met koop.

Andries ·

Kyk wat kos die prys van saad.Knoffel R400-00 -R600-00 vir 1000 saadjies. Dan is daar spesifieke tye vir aanplanting, tyd om uit te droog, en vervoer. Gemmer is dit R30 vir ‘n 5 cm plantwortel. Onthou, daar is nie ‘n towerstaffie wat woeps waps groei nie. Knoffel 6 maande, gemmer 9 maande. Intussen moet daar kos op die tafel wees, werkers betaal, kunsmis, water, elektrisiteit. Mense het nie ‘n cooking clue wat dit behels om te boer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.