Koudste temperature in jare in SA aangeteken

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Altesaam 19 nuwe rekords is vandeesweek aangeteken vir koudste temperature ooit in dele van Suid-Afrika.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag gesê die temperature is Donderdag aangeteken en is deur die diens bevestig. Een van die rekords is by Warmbad Towoomba aangeteken met ʼn temperatuur van -5,6. Die vorige dag wat dit hier byna só koud was, was in 1964 toe die temperatuur as -5,5 aangeteken is.

In Kimberley is die temperatuur Donderdag as -9,9 gemeet – die vorige koudste dag was op 21 Julie 2000 toe 08,1 aangeteken is.

KriteriaVorige waardeVorige datumNuwe waardeNuwe datumPlek
Laagste minimum-7.12011-07-02-7.42021-07-23Bronkhorstspruit AWS
Laagste minimum-5.51964-07-06-5.62021-07-23Warmbad Towoomba
Laagste minimum-7.71990-07-14-8.02021-07-23Kroonstad
Laagste minimum-6.31989-07-20-6.72021-07-23Warden – Heritage
Laagste maksimum12.42014-07-0611.62021-07-22Kaapstad – Seiljag
Laagste minimum2.12019-07-220.92021-07-23King Shaka AWOS
Laagste minimum1.82020-07-181.02021-07-23Mtunzini
Laagste minimum-7.02020-07-15-7.42021-07-23Orania AWS
Laagste minimum-4.72020-07-12-5.12021-07-23Ermelo WO
Laagste minimum-6.31995-07-19-7.02021-07-23Johannesburg Int WO
Laagste minimum-8.12000-07-21-9.92021-07-23Kimberley WO
Laagste minimum-3.22020-07-16-4.32021-07-23Lydenburg
Laagste minimum0.92019-07-23-0.12021-07-23Venetiamyn
Laagste maksimum10.22009-07-239.02021-07-22Patensie
Laagste maksimum10.61994-07-1010.22021-07-22Uitenhage
Laagste maksimum12.02012-07-1310.92021-07-22Port Elizabeth AWS
Laagste maksimum11.12009-07-23-10.02021-07-22Ngqura – Coega
Laagste maksimum11.72006-07-228.12021-07-22Port Alfred-lughawe
Laagste maksimum7.22011-07-256.82021-07-22Grahamstad

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Selfs my bankrekening is gevries. Ek sal later vandag weer probeer as dit warmer raak.

Esme ·

Hopelik lei hierdie uiterste koue weer tot ‘n goeie somer met hoe reenval sonder Covid vir ‘n heerlike wegbreek.

Dawie ·

Heel goed by my, Tiptol. As jy nou sigbaar bedoel, ek praat nie van rook nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.