Koue knou kragnetwerk

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Hoewel Eskom nie in dié stadium verwag om beurtkrag te implementeer nie, het die kragvoorsiener Dinsdagmiddag ’n beroep op verbruikers gedoen om hul kragverbruik te verminder.

Eskom sê die kragnetwerk verkeer tans onder groot druk weens ’n tekort aan opwekkingskapasiteit en ’n verhoogde toename in die vraag na elektrisiteit weens die koue.

In dié stadium is 14 235 MW weens stukkende opwekkingseenhede nie beskikbaar nie, terwyl 1 273 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel gehaal is.

“Hoewel geen beurtkrag in hierdie stadium verwag word nie, kan Eskom gedwing word om fase 1 of indien nodig fase 2 op kort kennisgewing te implementeer sou verdere kragonderbrekings voorkom,” sê die kragvoorsiener.

Sou dit gebeur, sal dit waarskynlik tussen 17:00 en 22:00 in die aand plaasvind.

Eskom sê hy sal die publiek onmiddellik in kennis stel indien die situasie verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Dis ongelukkig maar wat ‘n mens te wagte moet wees van infrastruktuur wat sedert 1994 GEEN onderhoudswerk gekry het nie……

Ek haal my hoed af vir Andre de Ruiter wat hierdie reusetaak op hom geneem het om die saak reg te stel.

GEDULD……

Hendrik Marthinus ·

Ek Dink dus n Baie goeie ding, Mnr De Reyter probeer ons help mense
Hy moet Maintenance doen onthou dus al wat ons gaan help
Die krag moet opgaan om vir die duur parte te betaal
Ek Dink ons moet elke dag stage 4 loadshedding kry sodat behoorlike maintenance gedoen Kan word
Mnr de Reyter Sal mos nooit ons onnodig loadshedding gee nie mense

Genis ·

Sit die wanbetalers soos Soweto se krag af… Kyk na krag diewe, o nee hulle kannie, want hulle baklei terug teen die Metro… Oplossing: straf die betalers en verhoog die tarriewe… Spul skelms, se ek ook

Marius ·

Soweto knou die netwerk die meeste , en hulle krag word nooit af gesit nie . Nou wat nou .
Enige verskoning vir Eskom se swak diens , verskoon daar is nie n diens nie . Gee net vir elke amptenaar n sambreel om die steenkool droog te hou aub , voor dit ook weer n verskoning is . SWAK ESKOM .

Francois Le Cochon ·

Kayalitsha en Gugulethu het ook nie loadshedding nie. Blykbaar om veiligheids redes.

Francois Le Cochon ·

Is die tegnici ook buite werking, of altans “outside working”.

Persheks Adri ·

Ek voel jou pyn Francois dis verdomp irriterend! Ons betalings moet ook onstabiel raak

Persheks Adri ·

Wie ookal die hele tyd duime af gooi is aspris spiteful!

Hierdie Eskom deuntjie is nou al irriterend werk man!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.