Koue lei tot fase 4

(Foto: pixabay)

Eskom het aangekondig dat fase 4-beurtkrag weer van Vrydag om 10:00 in werking gestel sal word.

Dié fase sal na verwagting tot Saterdag om 05:00 voortduur. Eskom sal later bevestig watter fases beurtkrag daarna sal geld.

Die hoër beurtkragfase is slegte nuus vir Suid-Afrikaners wat hulle staal vir nog ʼn bitter koue naweek.

Eskom sê die hoër as verwagte vraag na krag het tot die verhoogde beurtkragfase gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Amelia ·

AS eskom instand gehou is sou ons nie beurtkrag gehad hetn ie nou is dit altyd stories

Waarom ·

Nou al 6 ure sonder krag. Ek dink Eskom pas load reduction toe om hoër fases te verhoed. Want loadshedding is nie meer genoeg nie.

Eugene ·

Julle fire de Ruyter en oberholser oor beurtkrag, nou is daar nog beurtkrag, Wie word nou gefire????

Samuel ·

Het ons nie almal die verhoogde beurtkragfase verwag nie? Niks nuuts nie.

Truman Burbank ·

Selfs al werk Eskom 100%, sal beurtkrag nie weggaan nie. Daar is n doel daarmee.

Sonblom ·

En voor die einde van hierdie koue naweek, is ons weer op fase 6. Ons ken al die storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.