Koue, nat naweek hiér voorspel

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Koue en nat naweek word in die suidelike dele van die land verwag.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het in ’n verklaring gesê ’n kouefront sal na verwagting  die suidwestelike en suidelike kusgedeeltes van die land en aanliggende binneland Saterdagmiddag bereik, met stormsterk winde van tot 85 km per uur.

Reën word ook oor die westelike bergreekse verwag, met tot soveel as 50 mm reën wat na verwagting in dié gebiede kan uitsak.

Die weerdiens het ’n beroep op strandgangers gedoen om op hul hoede te wees aangesien rowwe seetoestande verwag word. “Strande en die kuslyn is nie veilig vir swem of hengel nie,” het die weerdiens gewaarsku.

Motoriste word ook gemaan om versigtig te bestuur weens stormsterkwinde op die paaie.

Dit is nie in dié stadium seker wanneer die verwagte kouefront gaan opklaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.