Koue weer, storms dié week verwag

Dele waar erge donderstorms op 2020-04-27 verwag word (Grafika: Suid-Afrikaanse Weerdiens)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Maandag in ʼn verklaring gesê gure weer word tot Woensdag verwag oor die sentrale en oostelike deel van die land.

Swaar reën, erge donderstorms, koue temperature en sneeu (op die Drakensberg) kan verwag word.

Wydverspreide reënbuie en donderstorms word van Maandag verwag en sal laatmiddag in ʼn oostelike rigting beweeg. Reën van tussen 20 mm en 40 mm in ʼn 24-uur periode word verwag met sekere dele wat tot 50 mm kan verwag.

Omdat die grond reeds hoofsaaklik deurdrenk is in die sentrale en oostelike binneland, kan die reën tot plaaslike oorstromings van laagliggende dele en brûe lei.

Die Wildekus en aangrensende binneland kan Dinsdagaand beduidende reënval verwag wat tot oorstromings kan lei.

Koue temperature word, hoofsaaklik Dinsdag, verwag in die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en dele van die Hoëveld, insluitend Gauteng.

Sneeu (5 cm tot 10 cm) word Maandagmiddag op die Drakensberg en Maluti-gebergtes verwag.

Dele waar erge donderstorms op 2020-04-28 verwag word (Grafika: Suid-Afrikaanse Weerdiens)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Miskruier ·

Dis om van te huil, ek is 100 km N van julle en het n plaas wat al 2 jaar verdroog.

quartus ·

Ek persoonlik bly in die moot in pta,,het geklink soos n vliegtuig wat inkom vir n landing,vir omtrent 2 minute,,kon die reen en hael hoor aankom,toe slaan hy,,ergste wat ek persoonlik beleef het,,dakke stukkend,sonpanele,tuin bestaan nie meer nie..

Emily ·

Ja nee die Moot het erge hael gehad, het dit nog nooit so erg beleef nie.

Alexander ·

Heerlike reenbuie landwyd is altyd wonderlike nuus. Kan Maroela moontlik bevestig of daar toe wel sneeu geval het op die Drakensberge en ook of daar enige reen in die diep karoo geval het. Dis nog steeds baie droog in daardie geweste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.