Kouefront bring reën vir Kaap

(Argieffoto: pixabay)

’n Kouefront het Dinsdagoggend deur die suidwestelike gedeelte van die Wes-Kaap beweeg en reën meegebring.

Wayne Venter, weervoorspeller verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), het aan Maroela Media gesê tussen 5 mm en 10 mm het vroeër vandag in gebiede in die Boland, Kaapse Wynlande en Kaapse metropool uitgesak.

Sommige bergpieke het tot 10 mm reën gehad.

Volgens Venter kan dieselfde hoeveelheid reën Woensdag verwag word wanneer die kouefront laatoggend deur die geraakte gebiede sal beweeg. Die kouefront sal dan al langs die suidkus van die provinsie beweeg.

Kapenaars kan ’n kouer naweek te wagte wees voor ’n sterker kouefront volgende week oor die westelike dele van die Wes-Kaap sal beweeg en moontlik ligte sneeu op die berge kan veroorsaak.

Venter sê die weerdiens voorspel egter nie in dié stadium ’n uitermatige nat winter vir die Wes-Kaap nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
VaalDonkie

Dis so koud hier in die Kaap ek moes vanoggend ‘n broek aantrek.

Elinette

Worcester weer-kommentaar: koue, reënerige weer word voorspel, wat waarskynlik Die Vetkol geheel en al sal “mis-reën”.

Ons sien hierdie kouefront aankom al vir die afgelope 2 dae hier, maar dit reën reg rondom Worcester …

Snowball

Gelukkige mense wat in die Kaap koud kry. Die vrot van besoedeling en stink vure hang soos aasvoëls in die droë lug hier in Gauteng. Die gemors wat ons moet inasem is vieslik verby. Sal enige dag ‘n nat winter kies, waar alles skoon gewas word met die reën.