Kouefront op pad Kaap toe

Argieffoto.

Argieffoto.

Kapenaars kan hulself gereed maak vir nog ʼn kouefront wat die provinsie teen die naweek gaan tref.

Jan Vermeulen, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het Donderdag aan Maroela Media gesê ʼn kouefront, wat moontlik sneeuval kan veroorsaak, tref die Wes-Kaap teen Vrydagmiddag.

“ʼn Minimum temperatuur van 12 grade Celsius kan te wagte wees in sekere gedeeltes van die provinsie,” het Vermeulen gesê. “Daar is ʼn 60% kans vir reën en buie, en ʼn moontlikheid van sneeu Vrydagaand op hoogliggende gebiede soos Matroosberg en die berge in Ceres.” Geen donderstorms word voorspel nie.

Die front sal teen Saterdag na die Oos-Kaap beweeg en teen Sondag die land verlaat.

Vermeulen het gesê dit is nie ongewoon vir kouefronte om die tyd van die jaar steeds voor te kom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

bernard ·

geen probleem nie. Goed vir wingerdboere en die damme. Dankie vir die gratis nuus wat jul met ons deel. Hoekom moet ons vir die netwerk R99 per maand betaal om te lees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.