Kouer naweek hiér verwag

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Laer temperature word die naweek in die oostelike en sentrale dele van Suid-Afrika verwag.

Volgens ’n weervoorspeller kan die land vorentoe al hoe meer kouer dae, met enkele warmer dae tussendeur, beleef namate die winter nader kruip.

Edward Engelbrecht, weervoorspeller verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), het Donderdag aan Maroela Media gesê die Oos-Kaap se temperatuur sal vanaf vandag begin daal. Inwoners van KwaZulu-Natal sal Vrydag begin bibber en die oostelike en sentrale dele van die land sal kort daarna volg.

Volgens Engelbrecht is daar egter nie een spesifieke dag waarop die land se temperature skielik sal begin daal namate ons die wintermaande nader nie.

Engelbrecht het by navraag oor die moontlikheid van ’n besonder koue winter gesê die weerdiens verwag eerder effens warmer minimum- en maksimumtemperature tussen April en Augustus.

Die sogenaamde normaal verwys na die gemiddelde temperature wat Suid-Afrika oor die afgelope 35 jaar beleef het. Dit beteken dat Suid-Afrika ’n effens warmer winter kan beleef hoewel daar geen uitermatige temperatuurverskil gaan wees nie.

Volgens Engelbrecht sal dit nie binne die volgende week al in die Kaap begin reën nie, hoewel die oostelike deel van die provinsie – waaronder die omgewing van Beaufort-Wes –  wel ’n bietjie reën Maandag kan verwag.

Die departement van water en sanitasie het intussen Suid-Afrikaners daarvan verseker dat die land se damme genoeg water het om die land deur die winter tot die volgende somerreën te dra.

Dít mits Suid-Afrikaners water oor die volgende ses maande spaarsamig gebruik.

Argieffoto van die Theewaterskloofdam. (Foto: Tony Georgiou via Reënval in SA, Facebook)

Die departement se jongste weeklikse verslag oor damvlakke toon dat die meeste damme tussen gemiddelde tot volle kapasiteit water beskikbaar het vir die komende maande.

Dit is te danke aan die hewige reënbuie wat vanaf begin Februarie oor groot dele van die land uitgesak het. Dié reën het die Vrystaat gehelp om sy damvlakrekord van verlede jaar met 20% te verbeter. Dit het vandeesweek ’n allemintige 99,7% bereik.

Die Vrystaat het van die grootste damme in die land en het ’n groter kapasiteit as ander waterfasiliteite om water vir langer tydperke te berg.

Die Noord-Kaap en Gauteng se damme is ook vandeesweek tot oorlopens toe vol met damvlakke van 101,5% en 100,3%. Die provinsie het egter kleiner damme vergeleke met die Vrystaat.

KwaZulu-Natal se damvlakke het met minstens 13% van 60,9% verlede jaar tot 73,2% dié week gestyg. Noordwes se damvlakke het ook van 69,9% verlede jaar tot 83,1% dié week toegeneem.

Die Wes-Kaap se damvlakke neem weer af en staan in dié stadium op 51,6%. Dit is egter 12% beter as dié tyd verlede jaar.

Die Nelson Mandelabaai-streek in die Oos-Kaap beleef egter ’n watertekort, met uiters lae damvlakke. Waterbeperkings is intussen hier ingestel om water te bespaar.

Die algehele gemiddelde van die land se damvlakke staan vandeesweek ​​op 86,0%, effens laer as die 86,1% ’n week gelede. Die gemiddelde is steeds hoër as die 67,4% van verlede jaar.

Die departement het ondanks die land se hoë damvlakke ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om water te bespaar om die land sodoende deur ’n droë winter te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

Ongelukkig het hulle te veel groot damme gebou wat lank vat om vol te kom. Hulle moes meer klein dammetjies gebou het wat vinnig kan vol word. ;-)

LD ·

En wanneer die damme leeg is, is dit “oky”, elkeen sal elke dag ñ emmer vol tap uit hul geysers en dit in die dam gaan gooi tot hy weer vol is(◔‿◔)

Pietertjie ·

Onthou: dis óns wat is damme gebou het, nie hulle nie…

koos10 ·

Dis waar, die ANC kry net reg dat derduisende liters skoon drink water of weg lek of besmet word met riool.

Chris ·

Frikkie jou grapjas. Ek hou van jou manier van dink. Wat my egter dronkslaan, en dit is sonder dop, dat ons alles soos soetkoek opvreet. Die ontsouting van seewater is nie so duur soos dit aan ons voorgehou word nie. Die opwekking van elektrisiteit sonder “steenkool en kern/sonkrag” is ook moontlik. Maar nee ons glo mos alles wat aan ons afgesmeer/verkoop word. Ons karring mos maar aan soos osse deur die stowwe, ewe gedienstig en gedweë.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.