Kovsies heropen Maandag

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Akademiese aktiwiteite by die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Maandag hervat word, met die akademiese termyn wat ʼn week langer sal wees.

Volgens die universiteit sal die bykomende week gebruik word om die akademiese tyd wat die afgelope week verlore gegaan het as gevolg van betogings op te vang. Opdragte wat verlede week ingehandig moes word en toeste wat geskryf moes word sal so herskeduleer word dat geen studente benadeel sal word nie.

Daar is vroeër ʼn interdik teen die betogende studente en werkers bekom en die universiteit het intussen ook veiligheid opgeskerp. “Personeellede en studente moet hul toegangskaarte by hulle hê wanneer hulle die kampus binnegaan. Busse sal nie op die kampus toegelaat word nie en passasiers moet buite die hek afgelaai word. Enigiemand sonder ʼn toegangskaart sal na die besoekersentrum moet gaan en sy of haar identiteitsdokument moet toon om toegang te verkry.”

Die groep studente wat vandeesweek die UV tot stilstand gebring het, het Woensdag in ʼn memorandum geëis dat prof. Jonathan Jansen onmiddellik as rektor en visekanselier moet bedank.

Die groep betogers het vroeër die week erge skade op die Kovsies-kampus aangerig, tot so ʼn mate dat die kampus vir die res van die week moes sluit. Eiendom is beskadig, vensters is gebreek, vullisblikke is omgegooi en die standbeeld van CR Swart is afgebreek.

Jansen het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie gesê hy is teleurgesteld dat sommige werkers en “ʼn klein groepie gelei deur die SR-president” besluit het om te betoog aangesien die universiteit al sedert verlede jaar onderhandelinge voer om aan die twee groepe se eise te voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel Strydom ·

“gelei deur die SR President” Maar geen stappe was nog teen hom geneem nie. Sal graag wil weet hoekom nie.

Sê maar net ·

Die SR voordanser is nie meer so gewild op die kampus as wat die mannetjie dink nie. Hy is ingestem as ‘n voorstander van sg. nie-rassigheid, en nou draai hy uit as een van die voorste rassiste op die kampus. Hy swot Regte, so ek dink hy kan maar sy regsloopbaan totsiens soen. Soos Smolie van Stellenbosch se persgesigfaam mos uitgewys het, Google lieg nie.

Die storie loop op die kampus, dat een van die mannetjie se grootste terugslagte in die lewe is dat wit meisies blykbaar nie in hom belangstel nie. Hy is dan so ‘n magtige man!!

Selfs sy eie party, dis nou die met die spies, skildvel en wawiel op die embleem, het hom in die bek geruk het omdat hy die embleempie op elke kledingstuk wat hy dra laat borduur. Blykbaar iets te doen met kopiereg en die “goeie” naam van die party, of so iets. Die knaap ly aan akkute kortmannetjiesindroom. Siestog. Sy “vleisbroek” blad is vol van sy anti-wit rassisme, en die studente lees dit en onthou. Hy is nie baie gewild nie, selfs onder die swart studente.

Prof Jansen moet maar Tswelopele, dit was Kiepersol vir oud-kovsies, ook maar toemaak soos Reitz toegemaak is, want die plek is tans die bakermat van anti-wit rassisme op die kampus. Snaaks genoeg, die parkeerplek voor Tswelopele is altyd vol van die nuutste Golf GTI’s en ander duur en vinnige rygoed. Vir seker nie mense wat nie hulle studies kan bekostig nie.

Studente Ma ·

Prof. Jansen en studente in ons gebede. Mag hy voortbou op sy goeie werk en nie opgee a.g.v ‘n handjie vol negatiewe invloede nie.

hans ·

Vind dit vreemd dat die saak teen sommige studente wat arresteer is toe standbeeld beskadig is en ander op eie verantwoordelikheid vrygelaat. Duidelik dat die studente met handskoene hanteer word om politiek gedienstige en politiek korrekte redes. Die aanklagte gaan maar net mettertyd ‘vergeet’ word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.