Kovsie-koshuis dalk binnekort herbenoem

Die NJ van der Merwe-dameskoshuis, ook bekend as Huis Koos. (Foto: UV/Facebook)

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) is in die finale fase van afhandeling om ’n koshuis op sy kampus wat na oudpres. Marthinus Theunis Steyn se skoonseun vernoem is, te herbenoem. Dít sowat ’n maand nadat ’n standbeeld van Steyn van die universiteit se hoofkampus verwyder is.

Die UV het vandeesweek op sosiale media gesê die universiteit is besig om die NJ van der Merwe-dameskoshuis, ook bekend as Huis Koos, te herbenoem, ingevolge die UV se geïntegreerde transformasieplan.

Studente word nou gevra om voor volgende week Donderdag ten gunste of teen die naamverandering te stem.

Dr. NJ van der Merwe was in die vroeë 1900’s ’n kultuurleier, predikant van die NG kerk en getroud met Steyn se derde dogter, Rachel Isabella Steyn.

Lacea Loader, woordvoerder van die UV, het aan Maroela Media gesê studente van Huis NJ van der Merwe het reeds ’n geruime tyd gelede aangedui dat die naam van die koshuis  moet verander, aangesien die naam nie ooreenstem met die doelwitte van die universiteit se geïntegreerde transformasieplan nie.

Die plan is daarop gemik is om die omvang van transformasie by die universiteit te versnel, het Loader verduidelik.

“’n Multi-belanghebberkomitee is onder leiding van die primaria van die koshuis tot stand gebring, bestaande uit verteenwoordigers van inwonende studente, die institusionele studenteraad en interne departemente gemoeid met studente-aangeleenthede.

“Die komitee het vanjaar ’n konsultasieproses met huidige studente, inwonende studente, alumni van die koshuis en personeel van stapel gestuur. Die proses, wat tans in die finale fase is, behels onder meer ’n opname om te bepaal of die naam van die koshuis wel moet verander al dan nie, en nooi respondente uit om voorstelle te maak vir ’n naam vir die koshuis.”

Volgens Loader sal die uitslag van die konsultasieproses en die voorgestelde naam deur die UV se Naamgewingskomitee bespreek word, waarna dit aan die UV-raad vir goedkeuring voorgelê sal word.

‘Politieke agenda’

AfriForum Jeug het intussen sy misnoeë met die naamverandering uitgespreek.

“AfriForum Jeug is teleurgesteld om te hoor dat die UV die afsonderingstydperk gebruik om transformasie teen ’n versnelde spoed toe te pas as deel van die minister van hoër onderwys en opleiding se politieke agenda,” het Chantelle du Preez, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir kampusstrukture, Vrydag aan Maroela Media gesê.

Volgens Du Preez het die UV beeldmateriaal op die studenteplatform “Blackboard” aan Kovsie-studente beskikbaar gestel, sodat studente kan verstaan waarom die universiteit die naamverandering wil implementeer.

“Dit is vir ons duidelik dat daardie beeldmateriaal glad nie objektief is nie en emosioneel gedrewe is. Dit verteenwoordig net die standpunt van die studente wat die koshuis se naam wil verander. Dit gee nie studente of ander wat teen die verwydering van die koshuis naam is die kans om te verduidelik hoekom dit nie verander moet word nie.”

Du Preez het ’n beroep op studente en oudstudente gedoen wat ongelukkig is oor die naamverandering, om met AfriForum Jeug by [email protected] in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Kokerboom ·

Doelwitte van ge-integreerde transformasieplan is totale vernietiging van ‘n eens trotse instelling se norme en waardes. Die kruiptipe Afrikaner sal hom/haar daarmee vereenselwig. Ons kan niks daaraan doen. Die oormag is te sterk

lollapot ·

Al verander jy die naam van hierdie Land met alles in dit , sal die wêreld steeds vir sommige mense iets ‘skuld’ . . .

Jessey ·

Wat van “huis nou gekrok” of “wil ni studeer” of “wat kan ons nog verander?”

Anoniem ·

Die koshuis lied sal seker begin met iets soos: Ons is dom, maar ons werk hard…….

Misky ·

Ag hulle moet nou maar net aangaan en alles is alreeds so afgebreek. Die destydse trots is weg en ek sal eerder die naam wil onthou aan die dae toe dit nog iets beteken het. Die beeld wat hulle nou uitbeeld, regverdig nie die naam en waardes wat dit moet dra nie.

Andrea ·

Na wié wil die ANC die koshuis vernoem wat hulle nie eens self gebou het nie?!

Lizelle ·

Ek voel ook so. As jy hom gebou het dan gee jy hom die naam van jou keuse. Mens boer nie met ‘n ander man se kallers nie

Nie Verbaas ·

Bwhahahaha, wat ANC nie nog sal doen om hulself te laat “geld” nie.

Peetjie ·

Hoekom bou hulle nie hulle eie koshuis nie, dan kan hulle dit noem wat hulle wil. Ons geskiedenis word alles uitgevee, en weggevat…

Oompievis ·

Miskien moet die transformeerders nou maar die naam UOVS ook verander sodat die wat almamaters was en trots is op die UOVS nie met die narreparadys vereenselwig word nie. Ek is ń oudstudent van Onderwys Kollege Paarl (OKP) die bestaan jare al nie meer nie en ek kan vandag nog trots wees daarop!!
Laat die transformeerders of sal ons hulle Trassies noem die plek sommer Futeristiese Opleidings Kompleks vir Onopgevoede Persone noem dit behoort ń lekker akroniem te vorm.

Isabella ·

Gee hul di universiteite en bou ander universiteite en sit di standbeelde wat verwyder is daar op ..dan is almal gelukkig

Phillip ·

Maak dit die BLM koshuis. Hulle kan dan daarmee doen wat hulle wil. As Oud Kovsie wil ek my nie eers meer vereenselwig met die Universiteit nie. Ek het ook my Graad, wat vroeër my trots was in ń boks weggepak.

Elica ·

Plaas dat hulle liewer NJ van der Merwe se voorbeeld volg en hulleself inpresteer in ‘n loopbaan. Hy was in Norvalspont se konsentrasiekamp en omdat hy al volleerd was vir die kampskool is aan hom die geleentheid gegee om van daar af Grey Kollege toe te gaan, waar hy beslis nie as bevoorregte aangekom het nie.

Johan ·

Ek stem saam, laat ons Kovsies bly met alles waarvoor dit staan, dan kan hulle maar noem en maak wat hulle wil. Jare gelede het Wyle Prof Strauss tereg gepraat van beskawingsonmondiges.

Marianna ·

Met naamsverandering kom verval. Kyk nou maar na al die dorpe en instellings wat ‘n naamsverandering ondergaan het. Ons sal moet wag tot alles eers verwoes is. Dis Apartheid se skuld dat hulle wel universiteite en koshuise het.

Jaco ·

In 1961 het die SAUK toe nuwe toring in Brixton die naam Albert Hertzog Toring gekry. Die vernoem na daardie jare se Nasionale Party minister van telekommunikasie. In 1969 het Albert Hertzog stry gekry met die Nasionale Party en is hy uitgeskop. Kort daarna is die toring se naam verander na Brixton Toring.
So naamsverandering met politieke motiewe het maar in die ou SA ook voorgekom…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.