Kovsie ontvoer, beroof

Argieffoto: https://pixabay.com

’n Student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) is vandeesweek in Bloemfontein ontvoer en van haar besittings beroof voordat sy by ’n ingang van die universiteit afgelaai is.

Die Vrystaatse polisie is nou op die spoor van die silwer Toyota Yaris met Lesotho-nommerplate waarin die student Woensdag vroegaand gedwing is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die student (19) vertel dat sy net ná 18:00 alleen van ’n winkelsentrum in die Rosestad af gestap het toe dié motor met twee insittendes skielik in Nelson Mandelaweg langs haar stilgehou het.

’n Man op die pasassiersitplek het ’n vuurwapen op haar gerig en haar beveel om in die motor te klim. Die student het ingeklim en die twee mans het met haar weggejaag.

Die student is na bewering van haar selfoon en bankkaart beroof voordat sy eindelik by ’n ingang van die universiteit afgelaai is.

’n Saak van ontvoering en gewapende roof is intussen by die Parkweg-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende moontlike verdagtes óf die motor by sers. Mvula Khene by 076 757 8241 of die misdaadstopnommer by 08600 10111 aan te meld.

Maroela Media het ’n navraag aan die UV gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gompie

Dankie Cele die misdaad gaa n goed aan.

Dries

By die ingang van UV afgelaai? Ek ruik nie n rot nie.

Shakespeare

Bestaan die UV nog nadat die Vrystaat verwoes en geplunder is deur Ace en sy kamerade ?

Chris

Is die dame swart of wit, siende dat almal deesdae, veral die regering so behep is met ras. Dalk moet elke berig voortaan begin om rasse in te sluit.

AW

Werkkik Jammer dat Jy so iets moes ondrrvind.