Kovsie-student se liggaam gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die manstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat Vrydagaand verdwyn het nadat hy op pad kampus toe aangeval is, se liggaam is gevind.

“Sy liggaam is Donderdagoggend in die Elandsrivier gevind,” het sers. Mmako Mophiring, ʼn polisiewoordvoerder, Vrydag gesê. “Voetgangers het sy liggaam in die rivier gesien en die polisie ontbied.”

Mophiring het gesê dit wil voorkom of die student met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan is.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord,” het Mophiring gesê.

Shezi (22), ʼn derdejaarstudent, en ʼn vriend is glo Vrydagaand omstreeks 20:30 deur ʼn groep van agt mans, wat met ysterstawe gewapen was, aangeval terwyl hulle na die Qwaqwa-kampus gestap het.

Shezi en sy vriend het in verskillende rigtings gevlug, en dit was die laaste keer wat hy lewendig gesien is. Lees meer hier.

Prof. Prakash Naidoo, kampushoof, het sy medelye namens die UV aan Shezi se vriende en familie betuig.

Die kampus sal volgende week ʼn gedenkdiens vir hom hou. Sy begrafnisreëlings sal na verwagting tydens dié geleentheid bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Wat is nou die nut van hierdie daad ?? Die mensdom het regtig hulle varkies verloor. Barbaarse optrede. Soveel hartseer vir familie en vriende en wie kry nou wat uit hierdie situasie. Wens die mense wil bedaar en weer die Here in hulle harte toelaat. Want sulke optrede is net demone wat oorneem……………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.