Kovsie-student word sedert Vrydag vermis

Argieffoto: SAPA

Argieffoto: SAPA

ʼn Manstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) word sedert Vrydagaand vermis nadat hy op pad kampus toe aangeval is.

Die universiteit het Dinsdag in ʼn verklaring gesê Sinethemba Shezi, ʼn derdejaarstudent, is omstreeks 20:30 oorval terwyl hy en ʼn vriend na die Qwaqwa-kampus gestap het.

“Die studente wou die kampus se geriewe gebruik om te studeer, aangesien hulle nie op die kampus woon nie,” lui die verklaring. “Die saak is dadelik by die universiteit se kampus-sekuriteit aangemeld, wat op hulle beurt die polisie ontbied het.”

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur en die polisie, veiligheidswagte van die kampus en studente, het deurnag gesoek.

Die polisie, die polisie se honde-eenheid en polisieduikers, het die gebied reeds oor die naweek gefynkam, maar kon geen spoor van Shezi vind nie.

“Die kampus en die polisie doen alles in hul vermoë om hom op te spoor. Sy familie ontvang ondersteuning van die universiteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.