Kovsie-studente neem standpunt in teen verwydering van standbeelde

Oudpresident MT Steyn se standbeeld voor die hoofgebou op die Kovsie-kam1AfriForum Jeug sê hy is verheug oor studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se inisiatief om die standbeelde van oudpresidente CR Swart en MT Steyn op dié kampus te behou.

Volgens die organisasie het studente plakkate om die standbeeld van oudpresident MT Steyn gehang wat lees: “Ek het geveg teen kolonialisme, hoekom wil jy my verwyder?” Die teks verskyn ook in Engels.

“Dit is vir ons goed om te sien studente neem self die inisiatief om hul erfenis te beskerm teen die aanvalle van ʼn groep radikales wat dit duidelik wil maak dat Afrikaans en enigiets van die Afrikaner nie welkom op kampus is nie,” het Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê.

Die visekanselier en rektor van die UV, prof. Jonathan Jansen, het verlede week aangekondig dat die universiteit ʼn proses van stapel gaan stuur om bogenoemde standbeelde van die Kovsie-kampus te verwyder.

“Ons ondersteun die studente se inisiatief volkome en moedig ander studente aan om by hulle aan te sluit in die stryd om Afrikaner-kultuur te bewaar. Die universiteitsbestuur word aan die neus rondgelei deur ʼn radikale groep studente wat ʼn politiese agenda dryf,” het Dupper bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dennis ·

Pragtig, tyd dat ons jong blanke mense ook opstaan, hulle het net soveel reg,!!

Johan 2 ·

Dankie mense ek was baoe hartseer oor daai wolf van n jansen se besluit..hou asb vol daarmee..ons het klaar Reits verloor oor sulke snert en omdat ons alleen gestaan het…staan nou vas en beskerm dit wat vir ons opgebou is met Afrikaner sweet en bloed.

J.Z ·

Haal my hoed af vir die studente,en as Jonathan jansen nie gehoor gee nie,staan saam en verwyder hom so hy met die standbeelde wil doen ,genoeg is genoeg.

Winston ·

Pragtig en hoog tyd. Baie dankie aan een en elke student, persoon of organisasie wat dit teenstaan. Ons het ook nasie trots en regte.

Manie ·

Ek het gewonder wat het geword van die Afrikaner Studente se teenwoordigheid.
WONDERLIK PRAAT VERHEF JULLE STEMME!!!! Staan op vir wat julle toekom.

Johann ·

Met trots op julle oortuiging is dit hoogtyd dat ons erfenis in die land tot die been beskerm word. Mooi so vir julle wys vir die werld daai Afrikaner bloed in ons nasie het nog nie gaan le nie

Susan ·

Wonderlike nuus jong mense. Ek is so trots op julle. STUUR ‘N BOODSKAP VIR DIE WERELD.

Stefaans ·

Watter deel van die geskiedenis verstaan Jonathan Jansen nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.