Die stap is aangekondig deur die universiteitsraad nadat ’n storm vroeër losgebars het toe die moontlikheid genoem is dat die universiteit enkelmedium-Engels kan word.
Afgesien van die taalkomitee het die raad ook ’n mandaat aan die UV-bestuur gegee om deur middel van ’n omvattende konsultasieproses met alle belanghebbendes van die universiteit ’n formele hersiening van die taalbeleid te lei. Die proses behels die skep van verskeie geleenthede en forums vir deelname.
Die taalkomitee is een hiervan en sal alle standpunte oor die beleid ontvang en evalueer voordat aanbevelings aan die bestuur en die raad gemaak sal word. Die hersiening is ’n oop proses met drie breë moontlike uitkomste: die behoud van die parallel-mediumbeleid; die aanbring van geringe aanpassings aan die beleid; en die aanbring van groot veranderings aan die bestaande beleid.
Die raad het ook goedkeuring verleen dat die tradisieryke JBM Hertzog-koshuis se naam na Beyers Naudé House/Huis Beyers Naudé verander word.
Hulle kan komitees aanstel soos hul wil!! Dit is net geld mors, want hul het tog klaar besluit dat dit engels gaan word. wie dink hul bluf hulle!!!!!
In sy intreerede as rektor het Jonathan Jansen belowe so lank hy daar is, sal die UV Afrikaans bly. Dit word nou gerieflikheidshalwe vergeet.
Die verandering van koshuisnaam van Hertzog na Naude toon dat die UV die behoudende Afrikaner Hertzog minag en die verloopte Afrikaner en ANC-kameraad Naude verkies. Dit kom neer op niks anders nie as die uitspreek van ‘n politieke voorkeur.
Hoop hulle spel dit “Beiers Not Here”.